Henrik Petersson (gebore 6 April 1973 in Uppsala, Swede), is 'n Sweedse wiskundige, onderwyser in wiskunde en 'n skrywer. Petersson is 'n dosent aan die Chalmers Universiteit van Tegnologie en werk as 'n lektor in wiskunde aan die Hvitfeldtska Gymnasiet in Gotenburg. Hy is die skepper van 'n webgebaseerde kursus in wiskunde vir hoërskoolleerlinge. Die webwerf problemnet.n.nu is gefinansier deur die stigting Solstickan.

Biografie Henrik Peterson het in 2001 'n dokter in Wiskunde geword. In 2010 word hy 'n wiskunde-onderwyser op hoërskool.

Tussen 2005 en 2008 publiseer hy 12 wetenskaplike verslae en tekste.

Petersson is veral bekend vir sy boek, Problemlösningens grunder.

Hierdie boek is in 2013 gepubliseer. In 2019 publiseer Petersson twee boeke met die titels “Avancera I” en “Avancera II”.

Prestasie as onderwyser Verskeie van sy studente het groot sukses behaal in internasionale wiskundekompetisies.

Persoonlike prestasies Henrik Petersson het verskillende pryse ontvang in verskillende sportsoorte, soos hardloop en langlauf. Veral. Hy was die vinnigste 14-jarige in Lidingö se kampioenskap (34.50, 1987), en sy rekord van 'n halfmarathon is tans 1.07.12 (by Borås, 1994). Hy was ook die distrikskampioen van Uppland (in 1983 en 1985) en dié van Småland (1986, 1987 en 1989). Sien ook Bronne Eksterne skakels.

Bibliografie Problemlösningens grunder, 2013 Undersökande matematik, 2017 Avancera I, 2019 Avancera II, 2019

Verwysings

Kategorie:Sweedse wetenskaplikes Kategorie:Wiskundiges Kategorie:Geboortes in 1973 Kategorie:Lewende mense