duimnael|Lina Bo Bardi duimnael|Die Casa de Vidro of «Glashuis» in Morumbi, 'n stadsbuurt van São Paulo, wat Lina Bo Bardi in 1951 - die jaar waarin sy Brasiliaanse burgerskap aanvaar het - vir haarself en haar man Pietro Maria Bardi ontwerp het, toon sterk invloede van Italiaanse rasionalisme (razionalismo) - *n boustyl wat veral in die 1920's en 1930's gefloreer het en deur gereduseerde argitektoniese grondelemente en die gebruik van nuwe rewolusionêre boumateriale soos ysterbeton, glas en staal gekenmerk word. Die huis, 'n ikoon van Brasiliaanse modernisme, het meer as veertig jaar lank as die Bardis se woning gedien. Dit huisves sedert 1990 die Instituto Lina Bo e P.M. Bardi (kort Instituto Bardi genoem), 'n instelling wat argitektoniese studies bevorderInstitutobardi.com.br: O Instituto Bardi. Besoek op 9 November 2019 duimnael|In Milaan, Italië, is 'n plein ter ere van die argitek en ontwerper Piazza Lina Bo Bardi genoem Lina Bo Bardi, gebore as Achillina Bo (5 Desember 1914 – 20 Maart 1992), was 'n Brasiliaanse argitek en ontwerper van Italiaanse afkoms wat 'n beslissende bydrae tot die ontwikkeling van moderne boukuns in Brasilië gelewer het. Haar argitektoniese projekte is net soos haar ontwerpe vir toneeldekor, mode en meubels asook haar grafiese kuns sterk beïnvloed deur internasionale modernisme, maar bly uniek danksy hul individualiteit. Die bewuste refleksie met Brasilië as haar nuwe tuiste (waar sy 'n dubbele uitdaging die hoof moes bied - om as nuwe aankomeling en vroulike argitek 'n bestaan te maak in 'n beroepswêreld wat deur mans oorheers is), sy kultuur, samelewing en politiek, staan sentraal in haar werk.
Lina Bo Bardi het haar dikwels radikale visie op 'n hoogs provokatiewe, maar ook produktiewe manier in talle uitstallings en publikasies uitgelig. Haar werke oor argitektuur het grotendeels onvertaal gebly en is derhalwe hoofsaaklik toeganklik vir Portugeessprekende belangstellendes.
Verwysings
Eksterne skakels
Boukuns
BBC Culture - Lina Bo Bardi: Brazil's best-kept secret ArchEyes Timeless Architecture Passionates: Glass House / Lina Bo Bardi The Guardian, 9 September 2012: Lina Bo Bardi: buldings shaped by love Brasil Wire: Lina Bo Bardi - 100 Years The Towner: Lina Bo Bardi's Brazil Sabiá Brazilian Design: Lina Bo Bardi Architects' Journal: Buildings for people: The work of Lina Bo Bardi Uitstallings
Architekturmuseum der Technischen Universität München: Lina Bo Bardi 100 - Brasiliens alternativer Weg in die Moderne Metalocus.es: Lina Bo Bardi. Brazil's alternative path to modernism Lina Bo Bardi - Together. British Council Gallery London 2012 | SESC São Paulo 2016 Media - Lesings
Renato Anelli, professor in Argitektuur, São Paulo: Lina Bo Bardi in the Frame of Brazilian Architecture. Texas A&M College of Architecture - Spring 2013 Architecture Lecture Series
Kategorie:Brasiliaanse argitekte