Golda Meir, oorspronklik Golda Meyerson, (1898 - 1978) was 'n Israelse vakbondleier, diplomaat en politikus wat aan die linkse Mapai- en Ha'Avoda-partye behoort het.

Meir was in die Russiese Ryk gebore, het in 1906 na die Verenigde State van Amerika en in 1921 na die Britse mandaat van Palestina geëmigreer.

Sy was 'n leier van die Joodse vakbond Histadrut, en van 1948 tot 1949 die eerste Israelse ambassadeur in die Sowjetunie.

Meir was vanaf 1949 tot 1956 die minister van Arbeid (en Sosiale Sake), van 1956 tot 1966 die minister van Buitelandse Sake, en van 1969 tot 1974 die vierde eerste minister van Israel gewees. Tydens haar premierskap het die Jom Kippoer-oorlog in 1973 plaatsgevind.

Werk My Lewe, 1975, outobiografie

Eksterne skakels

Knesset se webwerf

Kategorie:Amerikaanse aktiviste Kategorie:Amerikaanse Jode Kategorie:Israelse diplomate Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Israelse vakbondleiers Kategorie:Eerste Ministers van Israel Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Oekraïense Jode Kategorie:Ambassadeurs Kategorie:Ministers van Arbeid Kategorie:Ministers van Binnelandse Sake Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Sosiale Sake Kategorie:Sioniste Kategorie:Geboortes in 1898 Kategorie:Sterftes in 1978