Miranda, ook bekend as Uranus V, is die kleinste en binneste van Uranus se vyf ronde mane. Dit is op 16 Februarie 1948 deur Gerard Kuiper ontdek en genoem na Miranda in William Shakespeare se toneelstuk The Tempest.Kuiper, G. P., The Fifth Satellite of Uranus, Publications of the Astronomical Society of the Pacific, Vol. 61, No. 360, p. 129, Junie 1949 Nes die ander groot mane van Uranus wentel Miranda naby aan die planeet se ewenaarvlak. Omdat Uranus op sy sy om die Son wentel, is Miranda se wentelbaan loodreg met die sonnebaan.

Eienskappe Met ’n deursnee van net 470 km is Miranda een van die kleinste bekende voorwerpe in die Sonnestelsel wat dalk in hidrostatiese ewewig (deur sy swaartekrag rond gedruk) is. Die enigste nabyskote van Miranda is geneem deur die Voyager 2-ruimtetuig, wat Uranus in Januarie 1986 tydens sy verbyvlug waargeneem het. Tydens die verbyvlug was Miranda se suidelike halfrond na die Son gedraai, en net dié deel is dus bestudeer.

Miranda het moontlik uit ’n akkresieskyf gevorm wat die planeet kort ná sy ontstaan omring het en dit is nes ander mane waarskynlik gedifferensieerd: met ’n kern van rots, omring deur ’n mantel van ys. Miranda het een van die mees ekstreme en gevarieerde topgrafieë in die Sonnestelsel. Dit sluit in Verona Rupes, ’n 20 km hoë eskarp wat die hoogste krans in die Sonnestelsel is. Die oorsprong en evolusie van hierdie gevarieerde geologie word steeds nie heeltemal verstaan nie en baie hipoteses bestaan oor Miranda se evolusie.

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Mane van Uranus