duimnael Die Rijksmuseum Navorsingsbiblioteek is die grootste openbare biblioteek vir kunsgeskiedenis navorsing in Nederland. Die biblioteek is deel van die Rijksmuseum Amsterdam.
Versameling Die biblioteek se versameling is vergelykbaar met die van die museum. Die aanlyn katalogus bevat meer as 400000 monografieë, 3400 periodieke publikasies en 90000 katalogusse vir kunsverkope. Omtrent 50000 katalogusse vir kunsverkope wat voor 1989 gepubliseer is, is nog nie in die aanlyn katalogus opgeneem nie.Die versameling groei jaarliks gemiddeld teen 10000 boeke, veiling katalogusse, en periodieke publikasies.
Besoekers Na die opknapping wat in 2004 begin is, is die biblioteek omskep in 'n klassieke leeskamer, met inligting oor die versamelings van die museum. 'n Uitgebreide versameling naslaanboeke en vaktydskrifte is in die leeskamer beskikbaar.
Sedert 14 April 2013 is die biblioteek in die hoofgebou van die Rijksmuseum gehuisves by 1 Museumstraat, Amsterdam. Die biblioteek is van Maandag tot Saterdag oop van 10:00 tot 17:00. Dit is op Sondae en op openbare vakansiedae gesluit.
Sien ook Navorsingsbiblioteek
Verwysings
Eksterne skakels
amptelike webwerf OCLC video oor die biblioteek en die Art Discovery Group Catalogue
Kategorie:Biblioteke