Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan verteenwoordig Tsjeggië in rugby op internasionale vlak. Rugby in Tsjeggië word deur die Tsjeggiese Rugbyunie (Tsjeggies: Česká Rugbyová Unie) geadministreer. Die Tsjeggiese rugbyspan is tans (18 Desember 2019) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
duimnael|links|Spanje speel teen Tsjeggië op 3 November 2007 in Madrid, Spanje Die span het vir die eerste keer in 1993 as Tsjeggië rugby begin speel nadat Tsjeggo-Slowakye verdeel is. Voor die ontbinding het die span as Tsjeggo-Slowakye gespeel. Die span speel in die Europese Rugbykampioenskap. Die span het tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker gekwalifiseer nie, al ding hulle sedert 1995 in die kwalifisering mee. Die sport is in die land nog steeds op amateurvlak, maar daar is verskeie Tsjeggiese spelers wat in Frankryk professioneel speel, waaronder Martin Jágr.
Geskiedenis duimnael|links|Die Tsjeggiese nasionale rugbyspan in Amsterdam, nadat hulle Nederland tydens die 2010/12-Europese Nasiesbeker 25–13 geklop het In 2005 het Tsjeggië die Australiese Superrugbyspan Waratahs na Praag genooi, maar met 3–94 verloor.
Tsjeggië het op 16 Desember 2009 Hongkong op Synot Tip Arena in Praag met 17–5 geklop. Dit was die laaste wedstryd vir ses spelers: Loučení opor s národním týmem Antonín Brabec, Jan Macháček, Jan Oswald, Pavel Syrový, Ladislav Vondrášek en Jan Žíla.
Tsjeggië is in 2014 van die Europese Nasiesbeker se Eerste Divisie na die Tweede Divisie afgegradeer, nadat hulle op die sesde plek in hul groep geëindig het.
Op 9 November 2016 het Tsjeggië ter herdenking van die Tsjeggiese Rugbyunie se 90ste verjaarsdag in ’n historiese wedstryd teen die Britse Barbarians te staan gekom. Dié wedstryd is op die Marketa-stadion in Praag aangebied. Hulle is egter deur die Barbarians 71–0 geklop.
Rekords Algehele rekord Tsjeggië het teen 18 Desember 2019 124 van hulle 286 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 43,36%. Dit sluit Tsjeggo-Slowakye se statistiek in.
Tsjeggië se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 18 Desember 2019) Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 3 2 1 0 66,67 13 7 5 1 57,69 1 0 1 0 0 6 5 1 0 83,33 2 2 0 0 100 11 2 9 0 18,18 10 0 10 0 0 8 0 8 0 0 2 2 0 0 100 1 1 0 0 100 3 2 0 1 83,33 13 1 11 0 11,53 Italië B 1 0 1 0 0 6 5 1 0 83,33 2 2 0 0 100 2 1 1 0 50 2 2 0 0 100 3 3 0 0 100 6 3 3 0 50 7 3 4 0 42,85 9 5 4 0 55,55 Oos-Duitsland 11 10 1 0 90,90 35 16 17 2 38,57 12 0 12 0 0 25 0 24 1 2 Roemenië A 1 0 1 0 0 Roemenië B 3 1 2 0 33,33 8 2 6 0 25 8 7 1 0 87,50 6 2 4 0 33,33 13 4 8 1 34,61 10 8 2 0 80 8 6 2 0 75 5 2 3 0 40 Wes-Duitsland 13 9 3 1 73,07Totaal 286 124 154 8 43,36
Wêreldbekerrekord JaarUitslag1987 Nie genooi nie1991 Nie gekwalifiseer nie1995 Nie gekwalifiseer nie1999 Nie gekwalifiseer nie2003 Nie gekwalifiseer nie2007 Nie gekwalifiseer nie2011 Nie gekwalifiseer nie2015 Nie gekwalifiseer nie2019 Nie gekwalifiseer nie2023 Nie gekwalifiseer nie2027 2031
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van die Česká Rugbyová Unie
Kategorie:Sport in Tsjeggië Kategorie:Nasionale rugbyspanne van Europa