Die Stade Vélodrome (Frans: [stad velɔdʁom]) is 'n stadion in Marseille, Frankryk, met 67 394 sitplekke. Dit is die tuisveld van die voorste Franse sokkerspan Olympique de Marseille en het ook as 'n stadion vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gedien. Dit is die grootste sokkerklubveld in Frankryk. Die stadion word ook gereeld deur die Franse nasionale rugbyspan gebruik.
duimnael|links|Buiteaansig van die Stade Vélodrome duimnael|links|Die Stade Vélodrome se ingang Die rekordbywoning vir 'n klubwedstryd by die Stade Vélodrome was 58 897 vir 'n UEFA-bekerhalfeindstryd teen Newcastle United FC in 2004. Die stadion het ook diens gedoen in 1938 toe die FIFA Sokkerwêreldbeker se eindrondte in Frankryk gehou is. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was tussen Marseille en Turyn in 1937. Die stadion is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gebruik. In 2016 het die Stade Vélodrome die eerste stadion geword waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.
Die Franse rugbyspan het in die vroeë 2000s 'n indrukwekkende reeks oorwinnings in die stadion behaal. In November 2000 het hulle die All Blacks met 42–33 verslaan en in die jaar daarna het hulle die Wallabies met een punt geklop. In 2002 is een wedstryd weer in die stadion gespeel, met 'n oorwinning oor die Springbokke, wat gevolg is deur 'n oorwinning oor Engeland in 2003. Die geluklopie is in 2004 verbreek toe hulle 14–24 teen Argentinië verloor het. Die stadion is weer in November 2009 deur Frankryk gebruik toe hulle teen die Nieu-Seelandse All Blacks gespeel het. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir wedstryde gebruik.
Wedstryde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 5 Junie 1938 17:00 2–1 (e.t.) Eerste rondte 19 000 16 Junie 1938 18:00 2–1 Halfeindrondte 33 000
Europese Sokkerkampioenskap 1960
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 6 Julie 1960 21:30 0–3 Halfeindrondte 25 184 9 Julie 1960 18:00 2–0 Klein finale 9 438
Europese Sokkerkampioenskap 1984
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 17 Junie 1984 20:30 1–1 Groep B 24 364 23 Junie 1984 20:00 3–2 (e.t.) Halfeindrondte 54 848
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 12 Junie 1998 21:00 3–0 Groep C 55 077 15 Junie 1998 14:30 2–0 Groep G 54 587 20 Junie 1998 21:00 5–0 Groep E 55 000 23 Junie 1998 21:00 1–2 Groep A 55 000 27 Junie 1998 16:30 1–0 Agtste eindrondte 55 000 4 Julie 1998 16:30 2–1 Kwarteindrondte 55 000 7 Julie 1998 21:00 1–1 (4–2 straf.) Halfeindrondte 54 000
Rugbywêreldbeker 2007
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 8 September 2007 13:45 76–14 Groep C 58 612 12 September 2007 20:00 24–18 Groep C 44 241 22 September 2007 21:00 63–3 Groep D 55 067 30 September 2007 15:00 64–7 Groep D 58 695 6 Oktober 2007 15:00 10–12 Kwarteindrondte 59 102 7 Oktober 2007 15:00 37–20 Kwarteindrondte 55 943
Europese Sokkerkampioenskap 2016
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 11 Junie 2016 21:00 1–1 Groep B 62 343 15 Junie 2016 21:00 2–0 Groep A 63 670 18 Junie 2016 18:00 1–1 Groep F 60 842 21 Junie 2016 18:00 0–1 Groep C 58 874 30 Junie 2016 21:00 1–1 (3–5 straf.) Kwarteindrondte 62 940 7 Julie 2016 21:00 0–2 Halfeindrondte 64 078
Rugbywêreldbeker 2023
DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers 9 September 2023 21:00 27–10 Groep D 63 118 10 September 2023 17:45 18–3 Groep B 63 586 21 September 2023 21:00 96–0 Groep A 63 486 1 Oktober 2023 21:00 49–18 Groep B 60 387 14 Oktober 2023 17:00 17–29 Kwarteindrondte 62 576 15 Oktober 2023 17:00 30–24 Kwarteindrondte 61 863
Eksterne skakels
Amptelike webwerf WorldStadiums.com inskrywing Voorgestelde nuwe Stade Velodrome Destination Marseille – rugbyworldcup.com
Kategorie:Marseille Kategorie:Rugbystadions in Frankryk Kategorie:Rugbywêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Frankryk Kategorie:FIFA Wêreldbekerstadions Kategorie:UEFA 4 ster stadions