Dmitri Aleksejef (Russies: |Дмитрий Константинович Алексеев, Dmitrij Konstantinovič Alekseev, gebore op 10 Augustus 1947 in Moskou) is 'n Russiese pianis. Hy het aan die Moskouse Konservatorium gestudeer, en bykomend hiertoe ook onder Dmitri Bashkirov. In die 1970's het Aleksejef sy buiging in Londen, Wene, Chicago en New York gemaak. Hy het in 1975 die Leeds Internasionale Pianoforte Kompetisie gewen.
Met ingang 2010 gee hy onderwys aan die Koninklike Kollege van Musiek in Londen.Dmitri Alexeev Royal College of Music. Opgespoor op 12 Februarie 2010. Hy word verteenwoordig deur IMG Artists.http://www.imgartists.com/?page=artist&id=178&c=2 IMG Artists. Opgespoor op 12 Februarie 2010.Aleksejef se aansienlike repertorium, waarvan 'n groot deel reeds opgeneem is, sluit werke deur Skriabin, Schumann, Brahms, Prokofiëf, Chopin, Rachmaninoff en Sjostakowitsj in. Hy het ook vir Barbara Hendricks op die klavier begelei.
Geselekteerde diskografie Brahms: Klavierwerke, Ops. 76 en 116-119 / Schumann: Études Symphoniques (EMI) Chopin: Walse (Volledig) (EMI Seraphim) Frédéric Chopin: Preludes (Volledig) (EMI) Grieg/Schumann: Klavierconcertos - met Temirkanov, Koninklike Filharmoniese Orkes (EMI) Medtner: Klavierconcerto No 1; Klavierkwintet - met Lazarev, BBC SO (Hyperion) Prokofiĕf: Klavierconcertos Nos. 2 & 3 - met Temirkanov, Koninklike Filharmoniese Orkes (EMI) Rachmaninoff: Preludes; Morceaux, Fantasie; Moments Musicaux (Virgin Classics) Sergei Rachmaninoff: Rapsodie op 'n Tema van Paganini - met Temirkanov, Sint Petersburg FO (RCA) Sergei Rachmaninoff: Klavierconcerto No. 2; Drie Preludes - met Fedoseyev, Koninklike Filharmoniese Orkes (EMI) Sergei Rachmaninoff/Nikolai Medtner: Musiek vir Twee Klaviere - met Nikolai Demidenko (Hyperion) Skriabin: Sonates (Volledig) (Brilliant Classics) Aleksander N. Skriabin: Prometheus - met Muti, Philadelphia SO (EMI) Sjostakowitsj: Klavierconcertos Nos. 1 & 2; Assault on the Beautiful Gorky - met Jerzy Maksymiuk, Engelse Kamerorkes (Classics for Pleasure/EMI)
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1947 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Russiese pianiste