duimnael| 'n Requiemmis vir aartshertog Franz Ferdinand van Oostenryk in die Sint Catherine-katedraal in Sint Petersburg, gepubliseer in 'n Russiese koerant (1914). 'n Requiem of requiemmis, ook bekend as 'n dodemis, die mis vir die dood (Latyn: missa pro defunctis ) of mis van die dood (Latyn: missa defunctorum ), is 'n Rooms-Katolieke mis wat vir 'n gestorwe persoon of persone gehou word volgens 'n spesifieke vorm van die Roomse misboek. Dit word gewoonlik tydens 'n begrafnis bedien, maar nie noodwendig nie.

Toonsettings van die Proprium van die requiemmis word ook requiems genoem. Die term word vandag ook op ander komposisies toegepas wat met die dood, sterfte of rou verband hou – selfs in gevalle waar dit nie godsdienstig of liturgies van aard is nie.

Die term word ook vir soortgelyke seremonies buite die Rooms-Katolieke Kerk gebruik, veral in die Anglo-Katolieke tradisie van Anglikaanse en sekere Lutherse kerke. 'n Vergelykbare diens, maar met 'n heeltemal verskillende ritueelvorm en -teks, bestaan ook in die Oos-Ortodokse en Oos-Katolieke Kerke, asook in die Metodiste Kerk.

Die mis en die toonsettings daarvan ontleen sy naam aan die introitus (inleiding) van die liturgie, wat met die woorde "Requiem aeternam dona eis, Domine" ("Gee aan hulle ewige rus, Here") begin. Die woord "Requiem" is die akkusatiewe enkelvoud van die Latynse naamwoord requies, wat "rus" beteken. Die Roomse misboek, wat in 1970 hersien is, gebruik hierdie frase as die eerste inleidingsantifoon in die formules vir dodemisse, en dit is vandag nog so van toepassing.

Liturgiese rite duimnael| 'n Pre-Vatikaan II-requiemmis in die Chiesa della Santissima Trinità dei Pellegrini in Rome (Kerk van die Allerheiligste Drie-eenheid van Pelgrims). In vroeë vorms van die Roomse rite, waarvan sommige nog in gebruik is, verskil dié requiemmisse op verskillende wyses van die gewone requiemmis. Sommige dele van redelik onlangse oorsprong word weggelaat, insluitende dele wat reeds in die 1970-hersiening weggelaat is. Voorbeelde hiervan is die psalm Judica aan die begin van die mis – die gebed wat die priester sê voordat hy uit die Evangelie voorlees (of die diaken se seën, as 'n diaken uit die Evangelie voorlees) – en die eerste van die twee gebede wat die priester vir homself doen voordat hy nagmaal gebruik.Missale Romanum, Ritus servandus in celebratione Missae, XIII Ander weglatings sluit in die gebruik van wierook tydens die Introit (inleiding) en die voorlees uit die Evangelie, die vredesoen, brandende kerse wat deur akoliete gehou word wanneer 'n diaken die Evangelie verkondig, en saligsprekinge. Nóg die Gloria in excelsis Deo, nóg die Credo word ingesluit; die Alleluia-gelyksang wat gewoonlik voor die voorlees van die Evangelie kom, word vervang deur 'n traktus, soos tydens die Vastyd; en die Agnus Dei word verander deurdat die frase "dona nobis pacem" ("gee ons vrede") met "dona eis requiem sempiternam" ("gee aan hulle ewigdurende rus") vervang word. Die finale frase "Ite missa est" word vervang met "Requiescant in pas" ("mag hulle in vrede rus"); die antwoord hierop ("Deo gratias" – "Dank aan God") word vervang met "Amen". Hoewel swart die verpligte liturgiese kleur van die ampsgewade in die vroeëre vorms was, laat die nuwe liturgie buiten violet ook wit of swart gewade tydens begrafnisdienste en by ander offisies en misse vir die gestorwenes toe.General Instruction of the Roman Missal, 346e Die sekwent Dies irae, wat tussen die traktus en Evangelie voorgedra word, was voor die Novus Ordo-veranderinge 'n verpligte deel van die requiemmis. Soos die openingswoorde "Dies irae" ("dag van toorn") aandui, handel hierdie gedig in vreesaanjaende terme oor die opstandingsdag; dit smeek Jesus dan om genade. In die pre-Novus Ordo-vorm is kommemorasies (dus die voorgebed (collecta), gawegebed (secreta) en slotgebed (postcommunio) van minderwaardige liturgiese feeste wat op dieselfde dag as die votief- of seisoenmis plaasvind) nie in die liturgie aanwesig nie. afwesig van die liturgie; om hierdie rede is die standaardpraktyk 'n afsonderlike, kleiner requiemmis wat slegs die rubrieke en verskillende misformulariums vir dodemisse bevat, eerder as die volledige mis wat tekste bevat tekste wat in elk geval nooit tydens 'n requiemmis gebruik sou word nie.

Ná Vatikaan II links|duimnael|284x284px| Swart gewade in gebruik tydens 'n requiemmis in die Sint Pankratius-kerk, Ipswich Met die liturgiese hervormings (Novus Ordo, 1962–1965) in die Rooms-Katolieke Kerk ná die Tweede Vatikaanse Konsilie (ook bekend as Vatikaan II) het 'n beduidende verskuiwing in die begrafnisrites van die kerk plaasgevind. Die klem op droefheid en smart is vervang deur een wat ook die hele gemeenskap se aanbidding van God insluit en waarin die oorledene aan God se liefde toevertrou is, gebaseer op vertroue in die verlossingswaarde van die lyding, dood en die opstanding van Jesus Christus.

Die term "requiemmis" is dikwels vervang met die term "mis van die opstanding" of mis vir 'n Christelike begrafnis, hoewel eersgenoemde nooit deel van die amptelike terminologie was nie. In die amptelike Engelse ritueel, Order of Christian Funerals, wat in 1990 deur die Rooms-Katolieke biskoppe van Engeland en Wallis uitgegee is, word die benaming "begrafnismis" gebruik. "Requiemmis" bly egter 'n gepaste benaming vir ander dodemisse en vir die begrafnismis self, juis omdat die korrekte antifone steeds gebruik word, naamlik die Introit ("Requiem aeternam dona eis Domine", oftewel "Gee aan hulle ewige rus, Here"), die Offertorium ("Domine Jesu Christe, Rex gloriae, libera animas ... ", oftewel "Here Jesus Christus, Koning van heerlikheid, verlos die siele van ... ") en die Kommunie ("Lux aeterna luceat eis, Domine ... ", oftewel "Laat ewige lig op hulle skyn, Here"), hoewel die proprium nie gereeld gebruik word nie. In ooreenstemming met hierdie verskuiwing is die gebruik van swart ampsgewade opsioneel gemaak deur Vatikaan II (en het meestal teen die laat 20ste eeu – in die VSA ten minste – verdwyn, hoewel daar 'n herlewing in die gebruik van swart is), sodat wit die voorkeurkleur geword het (hoewel die gebruik van wit in sommige lande volgens pouslike vergunning geskied en nie deel is van die algemene runriek nie) as simbool van die vreugde van Paasfees, of pers, 'n meer gedempte kleur van rou. Die tekste wat tydens dié tipe dienste gebruik is, het 'n soortgelyke verandering ondergaan, met meer keuses vir voorlesings, waarvan sommige die oorhoofse tema van Jesus se belofte van 'n ewige lewe versterk.The Rites of Christian Burial, Catholic Publishing Company 1984

Requiemmisse in ander rites en kerke Die woord requiem word ook gebruik om enige gewyde komposisie te beskryf wat op godsdienstige tekste gebaseer is en by 'n begrafnis gepas sou wees, of om sulke komposisies vir liturgieë anders as die Rooms-Katolieke mis te beskryf. Van die vroegste voorbeelde van hierdie aard is die Duitse toonsettings wat in die 17de eeu deur Heinrich Schütz en Michael Praetorius, wie se komposisies Lutherse aanpassings van die Rooms-Katolieke requiem is, en wat besieling was vir Brahms se magtige Duitse requiem.A rather exhaustive list of requiem composers can be found on Requiemsurvey.org

Soortgelyke werke sluit in:

Grieks-Ortodokse Kerk - Parastas Russies-Ortodokse Kerk - Panikhida Anglikaanse (Engelse) requiem.

Oosterse Christelike rites In die Oosters-Ortodokse en Grieks-Katolieke Kerke is die requiem die volledigste vorm van die gedenkdiens (Grieks: Parastas; Slawies: Оpеlо). Die normale gedenkdiens is 'n baie verkorte vorm van mette (oggendgebede), maar die requiem bevat al die psalms, voorlesings en lofsange wat normaalweg in die deurnaggebede (wat die kanonieke ure van vespers (nagtelike gebede), mette en priem (gebedstonde) kombineer) voorsien 'n volledige stel proprium vir die afgestorwene. Só 'n volledige requiem duur ongeveer drie en 'n half uur lank. In dié formaat verteenwoordig dit meer duidelik die oorspronklike konsep van parastas, wat letterlik beteken "om deur die nag te staan". Dikwels is daar 'n goddelike liturgie (Grieks: Θεία Λειτουργία) wat die volgende oggend gehou word met verdere propriums vir die afgestorwene.

Vanweë die enorme lengte daarvan word 'n volledige requiem selde uitgevoer. In ten minste die Russiese liturgiese tradisie sal 'n requiem egter dikwels op die vooraand voor die verheerliking (kanonisering) van 'n heilige gehou word, in 'n spesiale diens wat as die "laaste Panikhida" bekend staan.

Die Anglikaanse tradisie Die Book of Common Prayer bevat geen requiemmis nie, maar in plek daarvan 'n diens wat as The order for the burial of the dead ("Die orde vir die begrafnis van 'n afgestorwene") bekend staan. Sedert die liturgiesehervormingsbeweging is daar voorsiening gemaak vir 'n eucharistie wat gebruik kan word tydens begrafnisse in die onderskeie weergawes van die Book of Common Prayer wat in die verskillende provinsies van die Anglikaanse Kerk gebruik word. Voor hierdie uitbreidings het Anglo-Katolieke of sogenaamde High Church-anglikane gereeld dele van die Rooms-Katolieke requiemmis as deel van die begrafnisdiens geïnkorporeer – tipies dele van die Ordinarium van die mis. In dié diens is daar verskeie tekste met rubrieke wat meld dat dit deur die priester of ander kerklike amptenaar voorgelees of voorgesing moet word. Die eerste paar van dié tekste word aan die begin van die diens aangetref, terwyl die res tydens die plasing van die liggaam in die graf voorgelees of voorgesing moet word. Die teks word tipies in sewe dele verdeel wat in geheel as die "begrafnisgebede" bekend staan. William Croft, Thomas Morley, Thomas Tomkins, Orlando Gibbons en Henry Purcell is 'n paar komponiste wat die Anglikaanse begrafnisdiens getoonset het. Die teks van dié sewe gebede lees soos volg in die Book of Common Prayers van 1662 (vry in Afrikaans vertaal):

I am the resurrection and the life, saith the Lord: he that believeth in me, though he were dead, yet shall he live: and whosoever liveth and believeth in me shall never die. ("Ek is die opstanding en die lewe, sê die Here: wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook: en wie ook al lewe en in My glo, sal nooit sterf nie.") I know that my Redeemer liveth, and that he shall stand at the latter day upon the earth. And though after my skin worms destroy this body, yet in my flesh shall I see God: whom I shall see for myself, and mine eyes shall behold, and not another. ("Ek weet dat my Verlosser leef, en dat hy op die laaste dag op die aarde sal staan. En hoewel wurms hierdie liggaam sal vernietig, sal ek God in my vlees sien: Ek sal Hom self sien, en my oë sal dit sien, en nie iemand anders s'n nie.") We brought nothing into this world, and it is certain we can carry nothing out. The Lord gave, and the Lord hath taken away; blessed be the Name of the Lord. ("Ons het niks in hierdie wêreld gebring nie, en dit is seker dat ons niks hieruit sal neem nie. Die Here het gegee, en die Here het weggeneem; loof die Naam van die Here.") Man that is born of a woman hath but a short time to live, and is full of misery. He cometh up, and is cut down, like a flower; he fleeth as it were a shadow, and never continueth in one stay. ("Die mens wat uit 'n vrou gebore is, het maar 'n kort leeftyf, en dit is vol elende. Hy kom op soos 'n blom en word weer soos een afgesny; hy vlug soos 'n skaduwee en staan nie stil nie.") In the midst of life we are in death: of whom may we seek for succour, but of thee, O Lord, who for our sins art justly displeased? Yet, O Lord God most holy, O Lord most mighty, O holy and most merciful Saviour, deliver us not into the bitter pains of eternal death. ("In die middel van die lewe is ons in die dood: wie anders as U kan ons om hulp smeek, o Here wat weens ons sonde met reg ongelukkig is? En tog, o Here en heiligste God, o almagtige Here, o heilige en genadigste Verlosser, verlos ons van die bitter smart van die ewige dood."