duimnael|Antonio Stradivari, deur Edgar Bundy, 1893: 'n verromantiseerde beeld van 'n vakman-held duimnael|Maker se etiket van Stradivari 'n Stradivarius is een van die viole, altviole, tjellos en ander strykinstrumente wat deur lede van die Italiaanse familie Stradivari, vernaam Antonio Stradivari (Latyn: Antonius Stradivarius), gedurende die 17de en 18de eeue gebou is. In navolging van die instrumente se reputasie, het die kwaliteit van die instrumente se klank en pogings om dit te verklaar of te ewenaar tot niks uitgeloop nie, alhoewel die opvatting betwis word. Die faam van Stradivarius-instrumente is wyd bekend, en dit was dienooreenkomstig reeds die onderwerp van verskeie fiksiewerke gewees.

Konstruksie Stradivari het sy instrumente met gebruikmaking van'n binnevorm gemaak, in teenstelling tot Franse soos Vuillaume wat van 'n buitevorm gebruik gemaak het. Dit is duidelik uit die aantal vorms wat Stradivari deur sy loopbaan van gebruik gemaak het dat hy wel met sommige van die dimensies van sy instrumente geëksperimenteer het.The Violin Forms of Antonio Stradivari by Stewart Pollens, Biddulph (1992) . Die hout wat hy gebruik het, het sparhout vir die top, wilgerhout vir die interne blokke en belyning, en esdoringhout vir die agterkant, ribbe, en nek van die instrumente ingesluit.

Die vermoede bestaan dat die hout wat gebruik is moontlik voor en na die bou van die viool met verskillende soorte minerale behandel is. Wetenskaplikes van die Nasionale Taiwanese Universiteit het klein hoeveelhede spoorelemente aluminium, koper en kalsium in die hout van sekere Stradivarius-viole opgespoor. Die spoorelemente is afkomstig van chemiese preserveermiddels wat deur houtkappers aangebring is op die hout wat hulle verkoop het. Die vioolmakers het ook vernis op hul instrumente aangebring. Kaliumboraat (boraks) is moontlik as beskerming teen houtwurm gebruik. Natrium- en kaliumsilikaat is moontlik gebruik om skimmel, verrotting en insekskade te voorkom. Simone Fernando Sacconi het voorgestel dat Vernice bianca, 'n eier-tempera vernis wat bestaan uit Arabiese gom, heuning en eierwit, moontlik gebruik is.

Meer onlangs het die Franse chemikus Jean-Philippe Echard en sy medewerkers die vernis op Stradivarius-viole bestudeer. Hy vermeld dat selfs wanneer vernis nie meer vir die menslike oog op die oppervlak van ouer viole sigbaar is nie; dit wel binne die boonste lae van die selle van die hout opgespoor kan word. 'n Laer laag vernis word in die boonste laag houtselle aangetref, terwyl 'n boonste laag vernis op die hout rus. Ingevolge Echard se bevindings het Stradivari 'n mengsel van gewone Cremonese hars, olie en pigment as vernis gebruik, welke in algemene gebruik was. Echard het geen spore van gespesialiseerde bestanddele soos proteïenmateriale of fossiel-amber gevind nie.

'n Vergelykende studie wat in 2008 in PLOS ONE gepubliseer is het geen noemenswaardige verskille in mediaan-digtheid tussen moderne en klassieke viole gevind nie, of tussen klassieke viole van verskillende oorspronge nie. Hierdie resultate dui daarop dat verskille in digtheid in die materiaal 'n belangrike rol in die klankproduksie van klassieke viole gespeel het. 'n Latere opname, wat fokus op die vergelyking van mediaandigthede in klassieke sowel as moderne viole, bevraagteken die rol wat beskikbare materiale moontlik in klankproduksieverskille gespeel het, hoewel dit geen kommentaar lewer op die variasies in digtheidsverskille nie.Wood Densitometry in 17th and 18th Century Dutch, German, Austrian and French Violins, Compared to Classical Cremonese and Modern Violins , Stoel, Borman, DeJohng. 10 Oktober 2012 Die hoeveelheid koper en aluminium is hoër as in teenswoordige instrumente.

Markwaarde duimnael|upright=0.7|'n Antonio Stradivari viool van 1703 op uitstalling agter glas by die Musikinstrumentenmuseum (Berlynse Musiekinstrument Museum), 2006 'n Stradivarius wat in die 1680's of vanaf 1690 tot 1700 deur Stradivari gemaak is kan honderde duisende tot 'n paar miljoen VS-dollar werd wees teen vandag se pryse. Die 1697 "Molitor Stradivarius" waarvan daar bespiegel word dat dit aan Napoleon behoort het (dit het behoort aan 'n generaal in sy leër, te wete Graaf Gabriel Jean Joseph Molitor), is in 2010 tydens die Tarisio-veilings vir die bedrag van $3,600,000 aan die violis Anne Akiko Meyers verkoop, welke op daardie stadium 'n wêreldrekord was.

Afhangende van die kondisie daarvan, kan instrumente wat tydens Stradivari se "goue periode" van 1700 tot omtrent 1725 gemaak is miljoene dollars werd wees. In 2011 is sy Lady Blunt Stradivarius ("Lady Blunt" viool) wat uit 1721 dateer, en in 'n ongerepte toestand is, vir $15.9 miljoen in Londen verkoop (dit is vernoem na Lord Byron se kleindogter, Anne Blunt, wat dit vir dertig jaar besit het. Dit is deur die Nippon Musiekstigting verkoop ten bate van slagoffers van die 2011 Tōhoku aardbewing en tsoenami (fratsgolf). In die Lente van 2014 is die "Macdonald" altviool via 'n stille veiling deur die musikale-instrumente veilinghuis Ingles & Hayday in samewerking met Sotheby's opgeveil, met 'n minimum bod van $45 miljoen. Die veiling kon teen 25 Junie 2014 nie daarin slaag om die minimum bod te haal nie en die instrument is gevolglik nie verkoop nie.

Die tydskrif Vice het in Mei 2013 gerapporteer dat "Stradivarius beleggingsfondse in onlangse jare begin verskyn het, wat die astronomiese pryse van die instrumente selfs hoër stoot".

Stradivarius-instrumente is besonder weerloos vir diefstal. Gesteelde instrumente word egter gereeld teruggevind, selfs nadat hulle jare lank vermis was. Die gesteelde instrumente is moeilik om van die hand te sit aangesien handelaars gewoonlik die polisie skakel as hulle deur 'n verkoper met 'n gesteelde Stradivarius genader word. Die General Kyd Stradivarius was onlangs gesteel (in 2004). Dit is drie weke later terugbesorg deur 'n vrou wat dit gevind het en dit aan die polisie oorhandig het. Die Sinsheimer/Iselin was in Hannover, Duitsland in 2008 gesteel en in 2009 teruggevind. Die Lipinski Stradivarius is tydens 'n rooftog op 27 Januarie 2014 gesteel maar daarna teruggevind. Die Ames Stradivarius is in 1981 gesteel en in 2015 teruggevind.

'n Aantal gesteelde instrumente is egter nog steeds soek, soos byvoorbeeld die Davidoff-Morini, wat in 1995 gesteel is, die Le Maurien, gesteel in 2002, en die Karpilowsky, wat in 1953 gesteel is.

Vergelykings in klankkwaliteit Die instrumente is bo alle ander oorwegings bekend om die kwaliteit van hul klank. Die vele blinde eksperimente wat van 1817 afA guitar-like violin made by the naval engineer François Chanot, a member of a family of luthiers. A committee of scientists and musicians, listening to the violins played in an adjacent room, judged Chanot's violin to be at least as good as the Stradivarius, but apparently Chanot's instruments quickly lost their good qualities. tot die teenswoordige tyd gedoen is kon nog nooit enige klankverskille (wat die kwaliteit daarvan betref) tussen Stradivari se viole en hoë-kwaliteit viole wat van ander makers en tydperke afkomstig is vind nie; dieselfde geld vir akoestiese analise. 'n Bekende proefsteek in 1977 tydens 'n BBC Radio 3 program, met die violiste Isaac Stern en Pinchas Zukerman en die viooldeskundige en -handelaar Charles Beare, het gepoog om tussen die "Chaconne" Stradivarius, 'n 1739 Guarneri del Gesú, 'n 1846 Vuillaume, en 'n 1976 Britse viool, wat agter 'n skerm deur 'n professionele solis gespeel is, probeer onderskei. Die twee violiste is toegelaat om eers al die instrumente te speel. Nie een van die luisteraars kon daarin slaag om meer as twee van die vier instrumente te identifiseer nie. Twee van die luisteraars het die 20ste eeuse viool as die Stradivarius geïdentifiseer. Violiste en andere het die tipe proewe al op verskeie gronde gekritiseer, soos byvoorbeeld dat hulle nie dubbel-blind (in die meeste gevalle) is nie, dat die beoordelaars dikwels nie deskundiges is nie, en dat die klank van viole moeilik is om op objektiewe wyse te evalueer.

Tydens 'n proefsteek in 2009 het die Britse violis Matthew Trusler sy 1711 Stradivarius (ten opsigte waarvan daar gesê word dat dit twee miljoen VSA dollars werd is) en vier moderne viole wat deur die Switserse vioolmaker Michael Rhonheimer gemaak is gespeel. Een van Rhonheimer se viole wat van hout gemaak is wat die Switserse Federale Laboratoriums vir Materiaalwetenskap en Tegnologie (Empa) met swamme behandel het, het 90 van die 180 stemme vir die beste toon ontvang, terwyl die Stradivarius tweede gekom het met 39 stemme. Die meerderheid (113) van die luisteraars het die wen-viool verkeerdelik as die Stradivarius geïdentifiseer. Analise van die behandelde hout het 'n vermindering in digtheid geopenbaar, met 'n relatief klein verandering in die spoed van die klank wat geproduseer is. Volgens die analise verbeter behandeling van die hout die klankbestralingsverhouding ten aansien van die vlak van koue-klimaat hout wat oor beter resonansie beskik.

Tydens 'n dubbel-blinde proef in 2012 wat in die studie "Player preferences among new and old violins" gepubliseer is, kon deskundige spelers nie onderskei tussen ou en nuwe instrumente nie (die instrumente is vir kort rukkies in 'n klein kamer gespeel). Tydens 'n bykomende proef wat in 'n konsertsaal uitgevoer is, is een van die Stradivarius viole eerste geplaas, maar een van die deelnemers het gekonstateer dat "die gehoor in die konsertsaal was in wese eenstemmig sover dit die vraag betref welke instrumente beter was in elk van die vergelykings," en "Ek kon geringe verskille in die instrumente sien...maar in die algemeen was hulle almal wonderlik. Nie een van hulle het aansienlik swakker geklink as die ander nie." Daar is bevind dat moderne viole oor beter klankdraende kwaliteite beskik, en dit is weer tydens 'n studie in 2017 so bevind.

Terwyl baie uitstaande soliste viole speel deur Antonio Stradivari, is daar noemenswaardige uitsonderings. Christian Tetzlaff het byvoorbeeld voorheen 'n uiters bekende Strad gespeel, maar oorgeskakel na 'n viool wat in 2002 deur Stefan-Peter Greiner gemaak is. Hy het gesê dat die luisteraar nie kan bepaal of sy instrument modern is of nie. Hy beskou dit as uitstekend vir die speel van Bach se werke, en beter as 'n Stradivarius vir "die groot Romantiese en 20ste eeuse concertos. "

Teorieë en pogings tot reproduksie Sommige beweer dat die beste Stradivari oor unieke en superieure karakteristieke beskik. Verskeie pogings om hierdie veronderstelde eienskappe te verduidelik, is al aangepak, waarvan die meeste resultate onsuksesvol of onoortuigend was. Deur die eeue heen is daar reeds talle teorieë aangebied – en weerlê – insluitende dat die hout verkry is van ou katedrale.

'n Meer moderne teorie wil dit hê dat die groei van bome tydens 'n tydperk van wêreldwye lae temperature gedurende die Klein-ystydperk (wat verband hou met die buitengewone lae sonaktiwiteit van die Maunder Minimum wat van ongeveer 1645 tot 1750 gestrek het) waartydens koeler temperature regdeur Europa gedy het, na bewering verstadigde boomgroei veroorsaak het, wat op sy beurt tot buitengewoon digte hout aanleiding gegee het. Verdere bewyse vir hierdie "Klein-ystydperk" kan bekom word uit 'n eenvoudige bestudering van die digte groeiringe in die hout wat in Stradivari se instrumente gebruik is. Twee navorsers - die boomring-wetenskaplike van die Universiteit van Tennessee, Henri Grissino-Mayer, en Lloyd Burckle, 'n klimatoloog van die Universiteit van Columbia, het hul gevolgtrekkings ter ondersteuning van die teorie oor verhoogde houtdigtheid in die tydskrif Dendrochronologia gepubliseer.'