regs|200px Kornel Andrzej Morawiecki (3 Mei 1941 – 30 September 2019) was 'n Poolse politikus en teoretiese fisikus. Hy is in Warskou gebore. Morawiecki was die stigter en leier van Strydende Solidariteit (Pools: Solidarność Walcząca), een van die splinters van die Solidariteit-beweging in Pole gedurende die 1980's. Hy was ook 'n lid van die 8ste wetgewer van die Sejm, waarvan hy ook die Senior Maarskalk was van 12 November 2015 tot sy dood.
Hy was een van die kandidate in die Poolse presidentsverkiesing in 2010, maar het slegs 0,13% van die stemme ontvang en kon toe nie deelneem in die tweede ronde nie.
Sy seun Mateusz Morawiecki is die Eerste Minister van Pole.
Morawiecki sterf op 30 September 2019 in Warskou as gevolg van pankreaskanker.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Geboortes in 1941 Kategorie:Sterftes in 2019 Kategorie:Poolse politici