duimnael|Masaccio se fresko, Die Uitdrywing uit die Tuin van Eden (1426–1427). Masaccio (Italiaans: maˈzattʃo; 21 Desember 1401 – somer 1428), gebore as Tommaso di Ser Giovanni di Simone, was 'n Florentynse kunstenaar wat beskou word as die eerste groot Italiaanse skilder van die Quattrocentotydperk van die Italiaanse Renaissance. Masaccio was volgens Vasari as gevolg van sy vaardigheid in die skilder van natuurtonele en die herskepping van lewensgetroue figure en beweging, sowel as die vermoë om 'n oortuigende atmosfeer van drie-dimensionaliteit te skep, die beste skilder van sy generasie.Giorgio Vasari, Le Vite de' piu eccellenti pittori, scultori ed architettori, ed. Gaetano Milanesi, Florence, 1906, II, 287-288. Hy het van naakfigure en voorverkortings in sy figure gebruik gemaak. Die tegniek was selde voor hom van gebruik gemaak.Vasari, Giorgio, "The Lives of the Artists" Translated by Julia Conaway Bondanella and Peter Bondanella, Oxford World Classics.
Die naam Masaccio is 'n humoristiese weergawe van Maso (kort vir for Tommaso), wat "lomp" (ook "onhandig") of "rommelig(e)" Tom beteken. Die naam is waarskynlik geskep om hom te onderskei van sy opponent, ook bekend as Maso, en wat weldra bekend sou staan as Masolino ("klein/delikate Tom").
Ten spyte van sy kort loopbaan het hy 'n diepgaande invloed op ander kunstenaars uitgeoefen. Hy word beskou as die kunstenaar wat die vroeë Italiaanse Renaissance in die skilderkuns begin het in die middel- en laat-1420's. Hy was een van die eerste kunstenaars om lineêre perspektief in sy skilderkuns te gebruik, met die gebruikmaking van sulke tegnieke soos verdwijnpunt wat sodoende vir die eerste keer in kuns gebruik is. Hy het wegbeweeg van die Internasionaal Gotiese styl en die uitvoerige ornamentasie van kunstenaars soos Gentile da Fabriano, na 'n meer naturalistiese styl wat gebruik gemaak het van perspektief en chiaroscuro vir groter realisme.
Masaccio het op die jeugdige ouderdom van ses-en-twintig jaar beswyk. Min is bekend oor die presiese omstandighede van sy dood.The Guardian, Masaccio, the old master who died young Nadat hy verneem het van Masaccio se dood het die groot meester Filippo Brunelleschi gesê: "Ons het 'n enorme verlies gely." Vasari, Giorgio, "The Lives of the Artists" Vertaal deur Julia Conaway Bondanella en Peter Bondanella, Oxford World Classics.
Vroeë lewe Masaccio is gebore as die seun van Giovanni di Simone Cassai en Jacopa di Martinozzo in Castel San Giovanni di Altura, vandag San Giovanni Valdarno (vandag deel van die provinsie van Arezzo, Toskane).John T. Spike, Masaccio, New York: 1996, 21-64, and Diane Cole Ahl, The Cambridge Companion to Masaccio, Cambridge, 2002, 3-5. Sy vader was 'n notaris en sy moeder die dogter van 'n herbergier van Barberino di Mugello, 'n dorpie geleë 'n paar myl noord van Florence. Sy familienaam, Cassai, is afkomstig van die bedryf van sy grootvader aan vaderskant, Simone, en grootoom Lorenzo, kabinetmakers en timmermanne (casse, derhalwe cassai). Masaccio se vader sterf in 1406 toe hy nog 'n 5-jarige was; later in dieselfde jaar is sy broer Giovanni, (1406–1486), vernoem na sy vader, gebore. Hy het ook 'n skilder word, met die noemnaam lo Scheggia wat "die splinter" beteken.Wat Giovanni se loopbaan betref, sien Luciano Bellosi en Margaret Haines, Lo Scheggia, Florence, 1999. In 1412 is Monna Jacopa getroud met 'n bejaarde apteker genaamd Tedesco di maestro Feo, wat reeds sewe dogters gehad het, waarvan een met die enigste ander gedokumenteerde skilder van Castel San Giovanni, Mariotto di Cristofano, te trou (1393–1457). Daar is geen beskikbare gesag wat Masaccio se artistieke opvoeding betref nie,Vasari (II, 295) stel voor dat Masolino Masaccio se leermeester was, maar die vroegste bekende werk deur Masaccio (die San Giovenale Triptiek) is geskilder in 'n styl wat heelwat verskil van Masolino se styl, en dit is moeilik om die twee style met mekaar te versoen (Luciano Berti, "Masaccio 1422," Commentari 12 (1961) 84-107. Kenners verskil oor die identiteit van Masaccio se leermeester, indien enige, alhoewel verskeie name (Mariotto di Cristofano, Bicci di Lorenzo, Niccolo di ser Lapo) opgehaal is. Kenners het onlangs voorgestel dat hy opgelei is as 'n manuskrip-helper. (Roberto Bellucci en Cecilia Frosinini, "Masaccio: Technique in Context," in The Cambridge Companion to Masaccio, red. Diane Cole Ahl, Cambridge, 2002, p. 105-122). alhoewel Renaissance skilders gewoonlik op 12-jarige leeftyd 'n vakleerlingskap onder 'n gevestigde meester begin het. Masaccio sou in all waarskynlikheid na Florence moes verhuis om opleiding te ontvang, maar sy naam kom die eerste keer voor toe hy op 7 Januarie 1422 as onafhanklike meester aangesluit het by die skildersgilde (die "Arte de' Medici e Speziali"), as "Masus S. Johannis Simonis pictor populi S. Nicholae de Florentia."
Eerste werke Die eerste werke wat aan Masaccio toegeskryf word is die San Giovenale Triptiek (1422), wat tans in die Museum van Cascia di Reggello naby Florence gehuisves word, en die Maagd en Kind met die Heilige Anna (Sant'Anna Metterza) (omstreeks 1424), tans in die Uffizi. duimnael|360px|San Giovenale Triptiek (1422) Die San Giovenale altaarstuk is in 1961 in die kerk van San Giovenale by Cascia di Reggello, naby Masaccio se tuisdorp, ontdek. Dit beeld die Maagd en Kind uit met engele in die sentrale paneel, met die heiliges Bartolomeus en Blaise op die linkerpaneel, en die heiliges Juvenal (d.i. San Giovenale) en Abbe Antonie op die regterpaneel. Die skildery het die meeste van sy oorspronklike raamwerk verloor en die oppervlak is erg beskadig.Roberto Bellucci and Cecilia Frosinini, "The San Giovenale Altarpiece," in The Panel Paintings of Masolino and Masaccio, red. Carl Brandon Strehlke, Milaan, 2002, 69-79; Dillian Gordon, "The Altarpieces of Masaccio," in The Cambridge Companion to Masaccio, red. Diane Cole Ahl, Cambridge, 2002, 124-126. Masaccio se doelwit daarmee was die daarstelling van drie-dimensionaliteit deur volumetriese figure en voorverkorte vorms. Die werk word alom waardeer as 'n hernuwing van Giotto se benadering, eerder as 'n voortsetting van kontemporêre modes van die dag. duimnael|links|Masolino & Masaccio, Maagd en Kind met die heilige Anna (omstreeks 1424), Uffizi Die tweede werk was waarskynlik Masaccio se eerste samewerkingspoging met die ouer en alreeds-beroemde kunstenaar Masolino da Panicale (1383/4–omstreeks 1436). Die omstandighede rondom die twee kunstenaars se samewerking is egter onbekend. Aangesien Masolini heelwat ouer was wil dit voorkom asof hy Masaccio onder sy vlerk geneem het. Die verdeling van arbeid in die Maagd en Kind met die heilige Anna is egter van so 'n aard dat dit onwaarskynlik is dat die ouer kunstenaar in beheer was.Roberto Longhi, "Fatti di Masolino e di Masaccio," Critica d'arte 25-6 (1940) 145-191. Daar word geglo dat Masolino die figuur van die heilige Anna en die engele geskilder het wat die bekleedsel agter haar vashou, terwyl Masaccio die belangriker figure van die Maag en Kind op hul troon geskilder het. Masolini se figure is delikaat, grasievol en ietwat plat, terwyl Masaccio se figure solied en stewig is.
Volwassenheid Masaccio kon in Florence die werk van Giotto studeer en was bevriend met Filippo Brunelleschi en Donatello. Volgens Vasari het Masaccio in 1423 op hulle aandrang na Rome gereis saam met Masolino: van daardie oomblik af was hy bevry van alle Gotiese en Bisantynse kunsinvloede, soos gesien kan word in sy altaarstuk vir die Karmeliete-kerk in Pisa. Die spore van antieke Romeinse en Griekse kuns wat teenwoordig is in sommige van Masaccio se werke het hul oorsprong vermoedelik te danke aan hierdie reis: hulle moes ook teenwoordig gewees het in 'n verlore Sagra (vandag bekend as gevolg van tekeninge en sketse, insluitende een deur Michelangelo), 'n fresko wat aangevra is vir die inwyding van die kerk van Santa Maria del Carmine in Florence (19 April 1422). Dit is vernietig toe die kerk se klooster aan die einde van die 16de eeu herbou is. duimnael|400px|Die Eerbetoon-geld, fresko in die Brancacci-kapel in Santa Maria del Carmine, Florence
Brancacci-kapel In 1424 het die magtige en ryk Felice Brancacci die "duo preciso e noto" (Masaccio en Masolino) opdrag gegee om 'n freskosiklus vir die Brancacci-kapel in die kerk van Santa Maria del Carmine di Firenze in Florence te maak. Terwyl die twee kunstenaars waarskynlik gelyktydig gewerk het, het hulle eers in omstreeks 1425 met skilderwerk begin. Die kapel is om onbekende redes onvoltooid. Dit is in die 1480's deur Filippino Lippi voltooi. Die ikonografie van die fresko-versiering is ietwat ongewoon. Terwyl die meerderheid van die fresko's die lewe van die heilige Petrus verteenwoordig, beeld twee tonele, aan weerskante van die drumpel van die kapelruimte geleë, die versoeking en verdrywing van Adam en Eva uit. In die geheel gesien, beeld die fresko's die verhaal van die lewe van die heilige Petrus voor asof dit die verhaal van verlossing is.Umberto Baldini and Ornella Casazza, The Brancacci Chapel, New York, 1990; Diane Cole Ahl, "The Brancacci Chapel," in The Cambridge Companion to Masaccio, red. Diane Cole Ahl, Cambridge, 2002, 138-157; J.T. Spike, “The Brancacci Code,” in Watching Art: Writings in Honor of James Beck, ed. L. Catterson and M. Zucker (Todi: Ediart, 2006), pp. 247–54. Die styl van Masaccio se tonele toon veral die invloed van Giotto. Die figure is ontsaglik groot, swaar en solied; emosies word uitgedruk deur die gelaatstrekke en gebare van die figure; en die skilderye skep 'n sterk indruk van naturalisme. Anders as Giotto, gebruik Masaccio egter lineêre en atmosferiese perspektief, rigtinggewende lig en chiaroscuro, wat die voorstelling van vorm deur lig en kleur sonder buitelyne is. As gevolg daarvan is sy fresko's selfs meer oortuigend-lewensgetrou as dié van sy trecento-voorganger.
Werke in die kapel duimnael|links|Toe dit in die 1980's skoongemaak is, het Masaccio se fresko, Die Uitdrywing uit die Tuin van Eden (1426–1427) die bykomende vyeblare verloor.