Eindhoven is 'n stad en munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Noord-Brabant. Die munisipale gebied het sowat 238 000 inwoners (2022) en 'n oppervlakte van 89 km². Eindhoven is die grootste stad in hierdie provinsie en die vyfde grootste stad van Nederland.

Eindhoven lê in die Suidoos-Brabant-regio en in die Kempen-streek.

Geskiedenis Eindhoven het in 1232 al stadsregte gekry. Die stad het veral begin groei toe Philips (gloeilampe) daar gevestig is. Ná die Tweede Wêreldoorlog het die motorfabriek DAF ook begin groei en dit het ook die groei van Eindhoven beïnvloed.

Distrikte Van al die Eindhoven-distrikte is die historiese sentrum verreweg die kleinste in grootte en bevolking, en het in 2006 slegs 5 419 inwoners. Woensel-Noord is die grootste, en dit was die grootste uitbreidingsgebied van die stad in 'n aantal dekades.

Die stad is tans verdeel in sewe distrikte: Centrum Woensel-Noord Woensel-Zuid Tongelre Stratum Gestel Strijp

Kultuur Eindhoven het twee groot teaters: Muziekcentrum Frits Philips en Parktheater. Die bekendste museum in die stad is die Van Abbe Museum (moderne kuns).

Sport Eindhoven is die tuiste van die sokkerspanne PSV Eindhoven en FC Eindhoven en die hokkiespan Oranje Zwart.

Universiteite In Eindhoven is daar twee instansies in die hoëronderwys-stelsel: Technische Universiteit Eindhoven en Fontys Hogeschool. (Die Nederlandse 'hogeschool' is wel 'n tersiêre opleidingsentrum en kan nie vergelyk word met die Suid-Afrikaanse 'hoërskool' nie.)

Internasionale betrekkinge Eindhoven is verenig met: Al Qadarif, Sudan Bayeux, France Białystok, Poland Chinandega, Nicaragua Emfuleni, South Africa Gumi, South Korea Iași, Romania (vanaf 2011) Minsk, Belarus (vanaf 1994) Nanjing, China Tainan, Taiwan Bình Dương, Vietnam (vanaf 2015)

Geboortes Lenny Kuhr (1950), sangeres en liedjieskrywer Erik Menkveld (1959-2014), digter

Naburige munisipaliteite

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Plaatsengids (beskrywing) AlleCijfers (statistiek)

Kategorie:Nedersettings in Noord-Brabant Kategorie:Stede in Nederland