Tianwa Jang (Chinees: 杨天娲|t=楊天媧|p=Jáng Tianwa) (gebore op 8 April 1987) is 'n Chinese Klassieke violis. duimnael|Tianwa Yang (2011)

Biografie en loopbaan Tianwa Jang het die viool begin studeer toe sy nog 'n peuter was (op 4-jarige ouderdom) en vinnig vioolkompetisies begin verower. Teen die ouderdom van tien jaar het sy onder Professor Lin Yaoji by die Sentrale Konservatoria van Musiek in Beijing begin studeer. Sy het reeds op daardie stadium begin om aandag van die media te ontvang vir die kwaliteit van haar spel. Nadat sy tydens die 1999 Beijing Musiek-fees gespeel het, het die violis Isaac Stern haar uitgenooi om in die VSA saam met hom te speel.

Jang het in 2001 haar buiging in Europa gemaak, waar sy saam met die Tsjeggiese Uitsaai-simfonieorkes in Praag gespeel het. In 2003 het sy Prokofiëf se Concerto No. 2 in München saam met die Beierse Staatsorkes (Bayerische Staatsoper) uitgevoer, en dit opgevolg met uitvoerings in Parys, Frankfurt en Wene. Sy het ook in 2003 'n spesiale twee-jaar beurs van die Duitse Akademiese Uitruildiens (DAAD) ontvang ten einde kamermusiek in Duitsland te kan studeer. Jang se Noord-Amerikaanse debuut het in die 2007-2008 seisoen plaasgevind toe sy tydens die Virginia Kunstefees saam met die Virginia Simfonieorkes opgevoer het. Sy het ook in dieselfde jaar haar buiging by die Berlynse Filharmoniese Saal gemaak wat daardie selfde jaar lewendig deur Deutschland Radio uitgesaai is. Sy het uitvoerings in Switserland en Frankryk gegee, en 'n uitgebreide toer van Duitsland onderneem met die Klassische Philharmonie Bonn.

Jang het in 2000 op die jeugdige ouderdom van dertien jaar haar eerste CD opgeneem met 'n opname van Paganini se 24 Caprices op die Hugo Classical plate-etiket. In 2004 het sy vir Naxos begin opnames maak, beginnende met 'n reeks van die volledige werke van Pablo de Sarasate, welke uiteindelik uit 8 CDs sal bestaan. Sy het ook werke deur Piazzolla en Vivaldi opgeneem. Op 15 Desember 2011 het sy saam met Romain Descharmes (klavier) by die Clara-Wieck Ouditorium in Sandhausen, Duitsland Mendelssohn se Vioolsonate in F mineur, Op. 4, MWV Q 12 opgeneem.Naxos CD 8.572662 CD-notas

Diskografie 2016: Lalo / Manén Symphonie espagnole / Vioolconcerto Nr.1; Naxos 2015: Mario Castelnuovo-Tedesco: Vioolconcertos Nos. 1 en 2; Naxos 2012: Eugène Ysaÿe: 6 Sonates vir Soloviool, Op. 27; Naxos 2010 / 2011: Felix Mendelssohn: Vioolconcertos, Sonate f-Moll (1823); 2010 / 2012: Pablo de Sarasate: Vol. 4 „Transkripsies“; Naxos 2012: Wolfgang Rihm: Gesamtwerk für Violine und Klavier; Naxos 2011: Lewendig in konsert in Sint Petersburg: Vioolconcertos van Tsjaikofski en Brahms; Naxos 2009: Pablo de Sarasate: „Musiek vir Viool en Orkes 4“ Fantasieë op Don Giovanni en Der Freischütz, u. a.; Naxos 2009: Pablo de Sarasate: „Musiek vir Viool en Orkes 3“ Fantasieë op Die Towerfluit en Faust, u. a.: Naxos 2009: Pablo de Sarasate: „Musiek vir Viool en Orkes 2“ Fantasieë op Carmen en Roméo et Juliette, u. a.; Naxos 2008: Pablo de Sarasate: „Musiek vir Viool en Orkes 1“ Zigeunerweisen; Airs espagnols; Viva Sevilla!, u. a.; Naxos 2007 / 2010: Pablo de Sarasate: Vol. 3 „Boléro; Sérénade andalouse“ u. a.; Naxos 2006: Pablo de Sarasate: Vol. 2 “Konsertfantasieë” La forza del destino; Zampa; Martha; u. a.; Naxos 2004: Pablo de Sarasate: Vol. 1 “Spaanse Danse” Serenata Andaluza; Balada; u. a.; Naxos 2009: Antonio Vivaldi / Astor Piazzolla: „Acht Jahreszeiten“; Naxos 2009: Astor Piazzolla: „Sinfonía Buenos Aires; Aconcagua; Las Cuatro Estaciones Porteñas“; Naxos 2007: Naxos 20ste Herdenkingskonsert DVD met Tianwa Yang, Viool en Markus Hadulla, Klavier; Naxos 2006: Carl-Flesch-Akademie – 9. Lions-Preisträgerkonzert 2006 Max Bruch: Violinkonzert g-Moll, op. 26; Bella Musica 2000: Yang Tianwa „13-years-old plays Paganini 24 Caprices“: Hugo classical

Verwysings

Eksterne skakels

Tianwa Jang se biografie en diskografie op die Naxos webwerf Tianwa Jang se webwerf

Kategorie:Chinese violiste Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense