Marius Jonker (* 19 Junie 1968 in Kimberley, Noord-Kaap) was ’n Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. Hy was een van Suid-Afrika se top rugbyskeidsregters en een van die skeidsregters vir die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk. Hy het gereeld opgetree in Curriebeker- en Superrugbywedstryde.
Jonker het diens gedoen by talle internasionale wedstryde, insluitende middel-van-die-jaar toetse en die IRR Stille Oseaan Vyf-Nasiesreeks. Hy het saam met Wayne Barnes van Engeland en Nigel Owens van Wallis sy wêreldbekerdebuut by die Rugbywêreldbeker 2007 in Frankryk gemaak.
Hy het aan die einde van die 2014-seisoen uitgetree as skeidsregter met die internasionale kragmeting tussen Namibië en Duitsland, sy laaste wedstryd.
Suid-Afrikaanse kollegas Quinton Immelman Craig Joubert Stuart Berry Jason Jaftha Pro Legoete Jaco Peyper Rasta Rasivhenge Lourens van der Merwe
Eksterne skakels Rugby World Cup 2007 match official appointments set IRB.com RWC debut for Marius Jonker news24.com
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregters Kategorie:Geboortes in 1968 Kategorie:Lewende mense