duimnael|Yongchaiyudh (2018) Chavalit Yongchaiyudh (Thai: ชวลิต ยงใจยุทธ, RTGS: Chawalit Yongchaiyut, IPA: [t͡ɕʰá.wá.lít joŋ.t͡ɕaj.jút]; gebore 15 Mei 1932), ook bekend as 'Big Jiew' (บิ๊กจิ๋ว, RTGS: Bik Chio, IPA: [bík t͡ɕǐw]), is 'n Thaise politikus en afgetrede offisier. Hy was van 1986 tot 1990 die opperbevelhebber van die Koninklike Thaise Leër, en van 1987 tot 1990 die opperbevelvoerder van die Koninklike Thaise Gewapende Magte. In 1990 stig hy die Nuwe Aspirasie Party wat hy gelei het tot en met 2002. Hy was die 22ste premier van Thailand van 1996 tot 1997. Hy het verskeie kere die poste van adjunk-premier, Minister van Verdediging, Minister van Binnelandse Sake, Minister van Arbeid en Leier van die Opposisie beklee.
Eksterne skakels
Kategorie:Eerste Ministers van Thailand Kategorie:Thaise militariste Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Generaals Kategorie:Geboortes in 1932 Kategorie:Lewende mense