duimnael|regs|Wasili Petrenko (2013) Wasili Eduardowitsj Petrenko (Russies: Васи́лий Эдуа́рдович Петре́нко; gebore op 7 Julie 1976) is 'n Russies-Britse dirigent. Hy is tans hoofdirigent van die Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes en van die Oslo Filharmoniese Orkes, en sedert 2015 die hoofdirigent van die Europese Unie se Jeugorkes.
Professionele loopbaan Petrenko was in Leningrad, USSR gebore. Hy het die Capella Seuns Musiekskool en die Sint Petersburg Konservatoria bygewoon.Mike Chapple, "Petrenko's mission to make the Phil the world's best orchestra". Liverpool Daily Post, 17 Julie 2007. Petrenko het dirigeer grotendeels onder Ravil Martynov studeer,Condy, Oliver. "A Russian Revolution: Vasily Petrenko". BBC Music Magazine, September 2009 (Vol. 17 No. 13): bl. 26 maar ook van Mariss Jansons, Yuri Temirkanov, Esa-Pekka Salonen, die komponis George Benjamin en Roberto Carnevale geleer. Petrenko was van 1994 tot 1997 die inwonende dirigent by die Mikhaylovski Teater. Hy dien sedert 1994 as die hoofdirigent van die Staatakademie van Sint Petersburg.Alan Weston and Laure Voiment, "The football-mad conductor taking the helm at Liverpool". Liverpool Daily Post, 12 Julie 2005. In 2002 het hy eerste prys tydens die Cadaqués Orkes Internasionale Dirigeer Kompetisie gewen.
Petrenko het in November 2004 sy buiging as dirigent by die Koninklike Liverpool Filharmoniese Orkes (KLFO) gemaak. Na hierdie verskyning was hy in Julie 2005, met ingang van die 2006-07 seisoen, aangewys as die KLFO se prinsipiële dirigent, met 'n aanvanklike kontrak van drie jaar. Sodoende het hy die jongste dirigent geword om aangestel te word in die pos. Sedertdien Petrenko die pos beklee, het die KLFO se finansiële posisie aansienlik verbeter en het bywoning ook 'n hupstoot ontvang. Petrenko het ook kritiese lof ontvang ten opsigte van die vernuwing van die orkes wat die speel van repertorium uit Rusland betref (veral wat die werke van Sjostakowitsj betref) sowel as die standaard repertorium soos Brahms, en Engelse musiek. In Mei 2007 het die KLFO aangekondig dat Petrenko sy kontrak met die orkes tot 2012 verleng het. In September 2009 het die orkes 'n verdere verlenging van sy kontrak aangekondig, met inbegrepe van 2015, met 'n wysiging van Petrenko se titel tot die van Hoofdirigent. In Maart 2013 het die KLFO die omskakeling van Petrenko se kontrak na die van 'n uitgebreide ooreenkoms met geen spesifieke geskeduleerde termyn aangekondig, en ingevolge waarvan Petrenko in geval hy sy termyn sou wou beëindig ten minste drie jaar kennis moet gee. Sy eerste verskyning by die Britse Promenade (die Proms) het in Augustus 2008 saam met die KLFO plaasgevind. Petrenko en die KLFO het reeds verskeie opnames vir Naxos gemaak. Petrenko se opname van Tsjaikofski se Manfred Symphony het in 2009 die Gramophone tydskrif se toekenning vir orkestrale opname van die jaar gewen.
In April 2007 was Petrenko een van agt dirigente van Britse orkeste om die 10-jaar uitreikmanifes te endosseer, welke ten doel het om die teenwoordigheid van klassieke musiek in die Verenigde Koninkryk te verhoog en gratis toegang na klassieke musiekkonserte te bied aan alle Britse skoolkinders. Petrenko het van Desember 2008 tot Desember 2013 as prinsipiële dirigent van die Nasionale Jeugorkes van Groot-Brittanje gedien en sy eerste konsert saam met die orkes tydens die 2009 BBC Proms gehou.
Petrenko het die eerste keer in Desember 2009 die Oslo Filharmoniese Orkes gedirigeer.In Februarie 2011 het die orkes die aanstelling van Petrenko as volgende hoofdirigent daarvan aangekondig, met ingang van die 2013-2014 seisoen, met 'n aanvanklike kontrak van vier jaar. Petrenko se Oslo kontrak bepaal dat hy sewe weke se uitvoerings in sy eerste seisoen sal doen, en tien weke se uitvoerings tydens die daaropvolgende seisoene.In November 2015 was Petrenko se Oslo kontrak verleng na 2020.
Petrenko het die eerste keer in Maart 2016 as gas-dirigent van die Koninklike Filharmoniese Orkes (KFO) opgetree. Hy het teruggekeer vir 'n daaropvolgende betrekking in April 2017. In Julie 2018 het die KFO die aanstelling van Petrenko as die orkes se nuwe musiekdirekteur aangekondig met ingang van die 2021-22 seisoen, met 'n aanvanklike kontrak van vyf jaar. Ingevolge daarvan sal hy die titel van aangewese musiekdirekteur vir die 2020-21 seisoen hou. Gelyklopend met hierdie aankondiging, is Petrenko geskeduleer om na afloop van die 2019-2020 seisoen, sy tyd in die pos as hoofdirigent van die Oslo Filharmoniese Orkes, te beëindig.Gelyklopend met die aankondiging van die KFO het die KLFO aangekondig dat Petrenko sy tyd as Hoofdirigent by die KLFO teen die einde van die 2020-21 seisoen sal afsluit ten einde die titel van dirigent-laureaat by die KLFO op te neem.
Diskografie Avie Records Tsjaikofski: Balletmusiek (van Swanemeer, Doringrosie en Die Neutkraker) (2008) Rachmaninoff: Klavierconcertos Nos. 1–4, Rapsodie op 'n Tema van Paganini; Simon Trpčeski, klavier (2010, 2011)
Deutsche Grammophon (DG) Jennifer Higdon, Tsjaikofski: Vioolconcertos; Hilary Hahn, viool (2010)
EMI Classics Tavener: Mis (2009) Rachmaninoff: Simfoniese Danse/die Eiland van die Dooies/Die Rots (2011) Rachmaninoff: Simfonie No. 2, Danse van Aleko (2012) Rachmaninoff: Simfonie No. 3, Caprice Bohéme, Vocalise. (2012) Rachmaninoff: Simfonie No. 1, Prins Rostislaf (2013)
Ecstatic Records Torke: Concerto vir Orkes (2014)
LAWO Classics Skriabin: Simfonieë Nos. 3 & 4 Le Poème de l'extase (2015) Prokofiëf: Romeo & Juliet (2016)
LPO Classics Tsjaikofski: Vioolconcerto (2017)
Mercury Classics Horner: Pas de Deux (2015)
Naxos Liszt: Klavierconcertos Nos. 1 & 2, Totentanz (2008) Tsjaikofski: Manfred Simfonie/Die Voyevoda (2008) Sjostakowitsj: Simfonie No. 11 (2009) Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 5 & 9 (2009) Sjostakowitsj: Simfonie No. 10 (2010) Sjostakowitsj: Simfonie No. 8 (2010) Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 6 & 12 (2011) Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 1 & 3 (2011) Sjostakowitsj: Simfonieë Nos. 2 & 15 (2012) Sjostakowitsj: Simfonie No. 7 (2013) Sjostakowitsj: Simfonie No. 4 (2013) Sjostakowitsj: Simfonie No. 14 (2014) Sjostakowitsj: Simfonie No. 13 (2014) Sjostakowitsj: Die Volledige Simfonieë (2015) Sjostakowitsj: Klavierconcertos Nos. 1 & 2; Boris Giltburg, klavier (2017)
Ondine Records Sjostakowitsj: Tjelloconcertos Nos. 1 & 2; Truls Mørk, tjello (2016)
Onyx Records Tsjaikofski: Klavierconcertos Nos. 1 & 2; Simon Trpčeski, klavier (2014) Elgar: Simfonie No. 1, Cockaigne Ouverture (2015) Tsjaikofski: Simfonie Nos. 1, 2, en 5 (2016) Elgar: Simfonie No. 2, Carissima, Mina, Chanson de Nuit en Chanson de Matin (2017) Tsjaikofski: Simfonieë Nos. 3, 4, en 6, Pathetique (2017) Prokofiëf: Klavierconcertos Nos. 1 & 3, Ouverture op Hebreeuse temas; Simon Trpčeski, klavier (2017)
Orfeo Records Szymanowski: Vioolconcertos Nos. 1 & 2; Baiba Skride, viool (2016)
Pentatone Classics Prokofiëf: Vioolconcertos Nos. 1 & 2; Arabella Steinbacher, viool (2012)
Rubicon Wolf-Ferrari: I Quatro Rusteghi (2018)
Sony Classical Guinovart: Klavierconcertos Nos. 1 & 2, Valses Poéticos; Albert Guinovart, klavier (2014)
Tritó Records Albéniz: Poèmes d'amour (2013)
Verwysings
Eksterne skakels KLFO biografie van Petrenko IMG Kunstenaars-biografie van Wasili Petrenko Oslo Filharmoniese Orkes blad oor Wasili Petrenko (Norweegs)
Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Russiese dirigente Kategorie:Britse dirigente Kategorie:Lewende mense