Oliver von Dohnányi - Die "Goue Masker" Laureaat 2018 - onlangs nog die musiekdirekteur (hoofdirigent) van die Oeral Operahuis in Jekaterinburg, Rusland - (2 Maart 1955) is 'n Slowaakse dirigent wat in Praag, Tsjeggiese Republiek gebaseer is. Hy het in 2018 die grootste Russiese kunstetoekenning, te wete die Goue Masker, as die "Beste Dirigent" ontvang. Hy was musiekdirekteur van die Nasionale Teater (Národní divadlo), Praag, Intendant/artistieke direkteur van die Opera van die Slowaakse Nasionale Teater in Bratislava, Intendant/artistieke direkteur van die Opera van die Morawië-Silesië Nasionale Teater in Ostrava, en hoofdirigent van die Slowaakse Radio-simfonieorkes, Bratislava en Slowaakse Sinfonietta Orkes.Slovak National Theatre. Oliver Dohnányi

Dohnányi was in Trenčín, Tsjeggo-Slowakye, (nou in Slowakye) gebore en het viool, komposisie en dirigeer by die Praagse Akademie vir Musiek onder Václav Neumann studeer, asook by die Universiteit van Musiek en Uitvoerende Kunste, Wene onder Otmar Suitner. Hy het in 1979 in Bratislava saam met die Slowaakse Radio-simfonieorkes sy debuut gemaak.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1955 Kategorie:Slowaakse dirigente Kategorie:Hongaarse dirigente Kategorie:Tsjeggiese dirigente Kategorie:Lewende mense