Die Yushio-klas duikboot is 'n konvensionele diesel-elektriesaangedrewe duikboot van die Japannese Maritieme Selfverdedigingsmag (Japannese Vloot). Vanaf die laat 1960's het Japan 'n vloot van sestien duikbote bedryf. Japan het baie ontwikkelingswerk en eksperimente met hulle duikbootvloot gedoen. Die Yushio-klas is een van hul grootste klasse en is volgens die traandruppelontwerp gebou. Hierdie klas is in 1975 in diens gestel. Daar is tien duikbote in die klas gebou. Hulle is ook almal reeds uit diens onttrek en vervang met die Harushio-klas.
Elke eenheid afgelewer was beter as die vorige een; dit is duidelik uit die koste van die duikbote. Die eerste model het gekos, die laaste een was . Van die verbeteringe is die vermoë om die Harpoon-missiel te lanseer en later is die navigasiebeheerstelsel verbeter. Die duikbote is later met 'n sewelemskroef voorsien om dit stiller te maak. Al die verbeteringe het tot gevolg gehad dat die duikboot 406 ton meer geweeg het.
Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Yushio-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 2 463 metrieke ton Verplasing (onderwater) 2 830 metrieke ton Lengte 76 m Breedte 9,9 m Aandrywing Dieselenjin 2,535 kWElektriese motor 5 369 kW Spoed (oppervlak) 12,0 knope Spoed (onderwater) 20,0 knope Bemanning 75 persone Wapens 6 x HU-603 torpedobuisedubbel gebruik saam met Harpoon-missiele
Galery
Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,
Eksterne skakels
Kategorie:Duikbote