duimnael|regs|280px|Die Griekse duikboot, Papanikolis S-120, te HDW in Kiel, 2008 Die Tipe 214-klas duikboot is 'n konvensionele diesel-elektriesaangedrewe duikboot van die Duitse Vloot. Hierdie klas is 'n verdere ontwikkeling van die Tipe 212-klas duikboot deur HDW. Die duikbote het 'n verbeterde romp wat meer druk kan weerstaan en kan dieper as 400 m duik. Vier van die agt torpedobuise het die vermoë om ook missiele te kan lanseer. Die aandrywingstelsel is ook verbeter, dit is toegerus met twee Siemens brandstofselle wat 120 kW per module produseer en die duikboot 'n onderwatervermoë van ten minste twee weke gee.

Die romp se vorm is verbeter en dit is ook toegerus met 'n laeruisskroef. Die duikboot se missies kan tot twaalf weke duur waarvan drie onderwater kan wees sonder om eenkeer na die oppervlakte te kom vir suurstof.

Die Griekse Vloot het vier duikbote bestel in 2006. Die eerste eenheid, Papanikolis S-120 is in Kiel, Duitsland gebou. Die Hellenic Skeepswerf, gekoop deur HDW in 2002, het eenhede Pipinos S121, Matrozos S122 en Katsonis gebou. Suid-Korea het ook drie eenhede bestel wat onderskeidelik in 2007, 2008 en 2009 in diens gestel is. Hierdie drie duikbote is deur Hyundai Heavy Industries gebou. In 2008 het hulle nog ses eenhede bestel.

Die Griekse duikbote is toegerus met die WASS Black Shark swaargewigtorpedo.

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Tipe 214-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 1 700 metrieke ton Verplasing (onderwater) 1 859 metrieke ton Lengte 65 m Breedte 6,3 m Aandrywing 2 x MTU 16V 396 diesel generatorsPermasyn elektriese motor,600 - 900V battery; 3 164 kW Spoed (oppervlak) 12,0 knope Spoed (onderwater) 15,0 knope Bemanning 30 persone Wapens 8 x 533 mm torpedobuiseWASS Black Shark swaargewigtorpedo's

Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,

Kategorie:Duikbote