Johannes III Doukas Vatatzes (Grieks: Ιωάννης Γ΄ Δούκας Βατάτζης, Iōannēs III Doukas Vatatzēs; omstreeks 1193 - 3 November 1254) was van 1222 tot 1254 keiser van die Niceense Ryk.
Hy was ’n suksesvolle soldaat uit ’n militêre familie en is omstreeks 1216 deur keiser Theodorus I Laskaris gekies as die tweede man van sy dogter, Irene Laskarina, en erfgenaam van die troon ná die dood van haar eerste man, Andronikos Palaiologos. Hierdie reëling het lede van die Laskaris-familie van die troonopvolging uitgesluit en toe Johannes III in Desember 1221 keiser word,George Akropolites. The History. Vert. Ruth Macrides. New York: Oxford University Press, 2007, p. 160. moes hy teenstand teen sy bewind onderdruk. Die stryd het in 1224 geëindig toe hy sy teenstanders verslaan het ondanks steun van die Latynse Ryk van Konstantinopel.
Bewind thumb|170px|links|Sint Johannes die Genadige, keiser van die Niceense Ryk. In 1230 het Johannes III ’n bondgenootskap met Iwan Asen II van Bulgarye teen die Latynse Ryk gesluit.Sien Treadgold. History of the Byzantine State and Society, pp. 722–724. In 1235 het die Bulgare en Nicene teen die Latynse Ryk opgeruk en in 1236 het hulle probeer om Konstantinopel te beset.
In 1241 het Johannes voordeel getrek uit Iwan Asen II se dood om in 1242 sy eie opperheerskappy oor Tessalonika te vestig en die stad later te annekseer, sowel as ’n groot deel van die Bulgaarse Thracië in 1246.Treadgold. History of the Byzantine State and Society, p. 728. In 1247 het Johannes ’n effektiewe vesting teen Konstantinopel gebou.
Johannes III het die binnelandse vooruitgang en ekonomie van sy ryk versigtig ontwikkel en regverdigheid en welsynwerk aangemoedig.
Hy was in beide oorlogs- en vredestyd ’n aktiewe leier en het daarop aanspraak gemaak dat hy die ware erfgenaam van die Romeinse Ryk was.
’n Halfeeu ná sy dood is hy tot heilige verklaar, as Johannes die Genadige. Sy feesdag is op 4 November.Great Synaxaristes: Ὁ Ἅγιος Ἰωάννης ὁ Βατατζὴς ὁ ἐλεήμονας βασιλιὰς. 4 Νοεμβρίου. ΜΕΓΑΣ ΣΥΝΑΞΑΡΙΣΤΗΣ.Ostrogorsky, George. History of the Byzantine State. New Brunswick, N.J: Rutgers University Press, 1969, p. 444.
Verwysings
Bykomende bronne
The New Cambridge Medieval History, Vol. V, Cambridge University Press, 1995. , 9780521362894
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Niceense keisers Kategorie:Geboortes in 1193 Kategorie:Sterftes in 1254