class=skin-invert|120px 230px Autostrada A90

Rome

class=skin-invert|250px

Ligging in Italië class=skin-invert|250px Autostrada A90 (Italiaans, «Snelpad A90»), ook Autostrada del Grande Raccordo Anulare (kort: GRA, «Groot Kringpadverbinding») genoem, is 'n kringsnelpad om die Italiaanse hoofstad Rome met 'n lengte van 68,2 km. Dit is - in teenstelling met die meeste ander snelpaaie in Italië - oor sy hele lengte tolvry. Sedert 1999 word die snelpad amptelik A90 genoem (alhoewel straatborde steeds na die GRA verwys).

Rolprentliefhebbers verbind die A90 met een van die tonele in Federico Fellini se outobiografiese rolprent Roma van 1972 waarin 'n reuse verkeersopeenhoping tydens 'n hewige stortreën uitgebeeld word - net soos 'n galopperende perd tussen die motors op pad na Rome.

Eksterne skakels Media YouTube.com: A90/E80 in Rome, September 2013

Kategorie:Rome Kategorie:Paaie in Italië Kategorie:Snelpaaie