Emanuel Ax (gebore op 8 Junie 1949) is 'n bekroonde Amerikaanse klassieke pianis. Hy is 'n dosent by die Juilliard Skool vir Musiek.

Vroeë lewe Ax is gebore in 'n Pools-Joodse gesin in Lviv, Oekraïne, (in wat toe nog die Sowjetunie was) as die seun van Joachim en Hellen Ax. Beide ouers het die konsentrasiekampe van die NSDAP oorleef. Ax het op die ouderdom van ses jaar begin klavierspel aanleer. Sy vader was sy eerste onderwyser gewees. Toe hy sewe jaar oud was het die gesin na Warskou, Pole getrek (waar hy klavierspel studeer het by die Miodowaskool). Twee jaar later het die gesin na Winnipeg, Manitoba, Kanada verhuis waar Ax voortgegaan het met sy musiekstudies, insluitende as 'n lid van die Junior Musikale klub van Winnipeg. Die gesin het in 1961 na New York getrek, waar Ax sy studies voortgesit het by die Juilliard Skool van musiek onder Mieczysław Munz. Ax het in 1970 sy B.A.-graad in Frans by die Columbia-universiteit behaal en ook Amerikaanse burgerskap verkry. Hy het in 1973 die Jong Konsertkunstenaars Internasionale Onderhoude gewen.

Musikale styl Ax is vernaam bekend as ondersteuner van hedendaagse komponiste en het reeds drie wêreldpremiéres gegee tydens die mees onlangse paar seisoene; naamlik Century Rolls deur John Adams, Seeing deur Christopher Rouse en Red Silk Dance deur Bright Sheng. Hy speel ook werke deur persoonlikhede soos Michael Tippett, Hans Werner Henze, Joseph Schwantner en Paul Hindemith, sowel as meer tradisionele komponiste soos Haydn, Mozart, Beethoven, en Chopin. Ax tree sedert 3 Augustus 1973 op as die hoofvenoot van die tjellis Yo-Yo Ma in duette. Hul genoemde eerste openbare optrede het by die Marlboro Musiekskool en Fees plaasgevind. Hulle het saam reeds groot dele van die tjello/klavier repertoire opgeneem.

Ax het ook vir 'n kort rukkie kwartette saam met Ma en die viooliste Isaac Stern en Jaime Laredo gespeel. Voor die kwartet in 2001 as gevolg van die afsterwe van Stern opgebreek het het hulle werke vir Sony deur Brahms, Fauré, Beethoven, Schumann en Mozart opgeneem. Ax is ook 'n gaskunstenaar in 'n dokumentêre rolprent oor die Toronto Simfonieorkes en Peter Oundjian getiteld Five Days in September; the Rebirth of an Orchestra. In 1997 was Ax die Musikale Direkteur van die Ojai Musiekfees saam met die dirigent Daniel Harding.

Ax het eredoktorsgrade vir musiek van Yale-universiteit (toegeken in Mei 2007) en Columbia-universiteit ontvang. Hy het ook Yale-universiteit se Sanford Medalje ontvang.

Pryse en erkennings 1974 - Arthur Rubinstein Internasionale Klaviermeesterskompetisie in Tel Aviv 1979 - Avery Fisher-prys in New York 2007 - Genoot van die Amerikaanse Akademie van die Kunste en Wetenskappe 2013 - Echo Klassik-prys vir solo-opname van die Jaar (19de eeuse musiek/klavier) vir Ax se Variations opname van werke deur Beethoven, Haydn en Schumann. Toekenning van Uitnemendheid, die Internasionale Sentrum in New York

Grammy vir Beste Kamermusiek uitvoering: Emanuel Ax en Yo-Yo Ma vir Brahms: Tjello en Klaviersonates in E Mineur en F (Grammy-toekennings van 1986) Emanuel Ax en Yo-Yo Ma vir Beethoven: Tjello en Klaviersonate No. 4 in C & Variasies (Grammy-toekennings van 1987) Emanuel Ax, Jaime Laredo, Yo-Yo Ma en Isaac Stern vir Brahms: Klavierkwartette (Op. 25 and 26) (Grammy-toekennings van 1992) Emanuel Ax en Yo-Yo Ma vir Brahms: Sonates vir Tjello en Klavier (Grammy-toekennings van 1993) Emanuel Ax, Yo-Yo Ma en Richard Stoltzman vir Brahms/Beethoven/Mozart: Klarinettrios (Grammy-toekennings van 1996)

Grammy vir Beste Instrumentale Solis uitvoering (sonder orkes): Emanuel Ax vir Haydn: Klaviersonates, Nos. 32, 47, 53, 59 (Grammy-toekennings van 1995) Emanuel Ax vir Haydn: Klaviersonates Nos. 29, 31, 34, 35 & 49 (Grammy-toekennings van 2004)

Verwysings

Eksterne skakels Amptelike webwerf Diskografie by SonyBMG Masterworks Emanuel Ax en Tom Kornberg: Wetenskaplike en Musikant- Beethoven se Tjellosonate No. 3 in A majeur, 1ste beweging , WNCN-FM, 16 April 1982 Onderhoud met Emanuel Ax deur Bruce Duffie, 15 April 1999

Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse pianiste Kategorie:Poolse Jode Kategorie:Oekraïense Jode