Nikephoros III Botaneiates (Grieks: Νικηφόρος Βοτανειάτης, omstreeks 1002 tot 10 Desember 1081) was van 1078 tot 1081 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy het tydens die bewind van Konstantyn X ’n generaal geword en het Isak I Komnenos gesteun in sy suksesvolle oorname van die troon. In 1078 het hy teen keiser Michael VII in opstand gekom en die troon met die hulp van die Seldjoekse Turke vir homself opgeëis. Michael VII het ten gunste van Nikephoros III geabdikeer.
Bewind Nikephoross se administrasie het hom nie baie ondersteuners besorg nie, omdat sy gunstelingamptenare baie van die ouer aristokrate vervreem het en nie die verdere devaluasie van die geldeenheid kon keer nie.
Talle opstande het Nikephoros feitlik onmiddellik in die gesig gestaar. Benewens die ontevredenheid van die aristokrasie, het verskeie Armeense prinse in Klein-Asië hul onafhanklikheid probeer terugkry. ’n Konflik in Thracië is ook met moeite onderdruk. Nikephoros het daarna al hoe afhankliker geword van die steun van Alexios Komnenos, wat twee opstande, in die Balkan en Anatolië, onderdruk het.
Alexios het baie soldate onder sy bevel gehad om ’n dreigende Normandiese inval af te weer en die Doukas-faksie, onder Johannes Doukas, het saamgesweer om Nikephoros se bewind omver te werp en hom met Alexios te vervang. Sonder enige steun moes Nikephoros van die troon a
Verwysings
Bronne
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bisantynse keisers Kategorie:Geboortes in 1002 Kategorie:Sterftes in 1081