Die Labèque susters, Katia (* 11 Maart 1950) en Marielle (* 6 Maart 1952), is 'n internasionaal-bekende Franse klavierduet.Jean-Pierre Thiollet, 88 notes pour piano solo, « Solo de duo », Neva Editions, 2015, p.97.
Persoonlike lewens Katia Labèque se mansvriend is David Chalmin, die komponis, musiekprodusent en sanger/kitaarspeler van die groep Triple Sun. Sy was voorheen getroud met die Engelse kitaarspeler John McLaughlin en sy was ook in die vroeë 1980s 'n lid van sy groep. Marielle Labèque is getroud met die dirigent Semyon Bychkov. Die susters woon steeds saam. Hulle het in 1987 na Londen getrek, in 1993 na 'n paleis in Florence, en sedert 2005 woon hulle in 'n paleis wat eens aan die Borgia-familie van Rome behoort het.
Diskografie Opnames in duet 1969 : Olivier Messiaen, Visions De L'Amen 1970 : Bartok, Sonate vir 2 Klaviere en Perkussie 1972 : Rachmaninoff, 24 Preludes & Suite No. 2 1972 : Hindemith - Martinu 1979 : Marius Constant : Psyche 1980 : Gershwin, Rhapsody In Blue / Klavierconcerto In F 1981 : Brahms, Hongaarse danse 1982 : Scott Joplin, Gladrags 1983 : Liszt, Réminiscences de Don Juan 1984 : Rossini, Petite messe solennelle 1984 : Gershwin, An American in Paris 1985 : Bizet, Fauré, Ravel 1987 : Strawinski, Petrouchka / Concerto Vir 2 Klaviere 1987 : Gershwin, I got Rhythm - Musiek vir Twee Klaviere 1988 : Bernstein, Simfoniese danse en liedere van West Side Story 1990 : Love of colours 1990 : Dvorak, Slawiese Danse Op. 46 & 72 1991 : Encore ! 1993 : España ! 1994 : Tsjaikofski, Klavierfantasie : musiek vir twee klaviere 1996 : En blanc et noir - Debussy plaat 2001 : Brahms - Tsjaikofski - Debussy (kompilasieplaat) 2003 : Klavierfantasie (kompilasieplaat - 6 CD boksstel) 2006 : Maurice Ravel 2007 : Strawinski / Debussy 2007 : Schubert / Mozart 2009 : Erik Satie 2010 : The New CD box 2011 : Gershwin-Bernstein, Rhapsody in Blue - West Side Story 2011 : Nazareno 2013 : Minimalist Dream House 2014 : Sisters 2016 : Invocations 2017 : Love stories
Opnames in samewerking met andere 1981 : Gershwin se liedere met Barbara Hendricks 1984 : Prokofiëf, Pieter en Die Wolf en Saint Saëns, Le Carnaval des animaux met Itzhak Perlman en die Israel Filharmoniese Orkes gedirigeer deur Zubin Mehta 1985 : Gershwin, Rhapsody in Blue met die Cleveland Simfonieorkes gedirigeer deur Riccardo Chailly 1985 : Bartók, Sonate vir Twee Klaviere en Perkussie; Concerto vir Twee Klaviere, Perkussie en Orkes met die Stad Birmingham Simfonieorkes gedirigeer deur Simon Rattle 1988 : John McLaughlin, The Mediterranean Concerto Tracks: Brise de Coeur, Montana, Two Sisters, Until Such Time, Zakir 1989 : Poulenc, Concerto vir 2 Klaviere met die Boston Simfonieorkes gedirigeer deur Seiji Ozawa 1989 : Mozart, Klavierconcerti met die Berliner Philharmoniker gedirigeer deur Semyon Bychkov 1990 : Mendelssohn / Bruch, Klavierconcerti met die Philharmonia Orchestra 1997 : Carnival met o.a. Elton John, Madonna, Paul Simon, James Taylor, Sting, Tina Turner. 2008 : De fuego y de Agua met Mayte Martín 2009 : Katia Labèque Shape Of My Heart 2016 : Dubbelconcerto Vir Twee Klaviere en Orkes met die Los Angeles Filharmoniese Orkes gedirigeer deur Gustavo Dudamel 2016 : Summer Night Concert met die Weense Filharmoniese Orkes gedirigeer deur Semyon Bychkov
Lys van rolprente 1990 : The Loves of Emma Bardac, telerolprent deur Thomas Mowrey 2000 : The Italian Bach in Vienna, konsert met Il Giardino Armonico 2000 : The Man Who Cried, rolprent deur Sally Potter 2005 : Waldbühne 2005, konsert met die Berliner Philharmoniker gedirigeer deur Simon Rattle 2005 : I'm Going to Tell You a Secret, dokumentêre rolprent oor Madonna 2012 : The Labeque way, dokumentêre prent deur Felix Cabez 2016 : Summer Night Concert, konsert met die Weense Filharmoniese Orkes gedirigeer deur Semyon Bychkov
Bibliografie 2016: Une vie à quatre mains, Renaud Machart, Buchet/Chastel,
Verwysings
Eksterne skakels Amptelike webwerf Fondation KML KML opnames , WNCN-FM, 29 Oktober 1982
Kategorie:Klassieke klavierduette Kategorie:Lewende mense Kategorie:Franse pianiste Kategorie:Geboortes in 1950 Kategorie:Geboortes in 1952