duimnael|regs|U-34 in vaart Die Tipe 212-klas duikboot is 'n konvensionele diesel-elektriese aangedrewe duikboot van die Duitse Vloot. Die Duitse Regering het ses van die duikbote bestel waarvan die eerste duikboot in 2005 in diens gestel is. Die duikbote is gesamentlik deur die skeepsbouers HDW van Kiel en Thyssen Nordseewerke van Emden gebou. HDW het die boeggedeelte gebou en Thyssen die agterstewe terwyl elke maatskappy om die beurt 'n kans gekry het om die duikboot aanmekaar te sit.

Die eerste duikboot in die klas, U-31, het in April met sy seetoetse begin en is in 2005 in diens gestel, met die res vanaf 2006 tot 2013.

'n Verdere vier duikbote is saam met die Italiaanse skeepsbouers, Fincantieri ontwikkel en gebou wat as klas 212A bekend staan. Tipe 212A is toegerus met 'n geintegreerde bevel- en wapenbeheerstelsel wat deur Kongsberg Defence and Aerospace van Noorweë vervaardig word. Die stelsel integreer die wapens via koppelvlakke met sensors, die wapens en navigasiestelsels. Die teenmaatreëlstelsel vir tipe 212A word vervaardig deur EADS Systems & Defence Electronics and Thales Defence Ltd. Dit sluit die ontwikkeling van die TAU 2000 torpedostelsel in.

Die aandrywingstelsel kombineer 'n konvensionele stelsel wat bestaan uit 'n dieselgenerator met 'n loodsuurbattery en lug-onafhanklike aandrywing (LOA). Met die LOA-stelsel kan die duikboot teen 'n stadige spoed tot weke onder die water bly.

Duikbote gebou in die klas duimnael|regs|Scirè arriveer vir besoek te New London, Connecticut, op 27 Augustus 2009 WimpelnommerNaamKiel gelêTe water gelaatIn diens gestelDuitse Vloot S181 U-31 1 Julie 1998 20 Maart 2002 19 Oktober 2005 S182 U-32 11 Julie 2000 4 Desember 2003 19 Oktober 2005 S183 U-33 30 April 2001 September 2004 13 Junie 2006 S184 U-34 Desember 2001 Julie 2006 3 Mei 2007 S185 U-35 21 Augustus 2007 15 November 2011 23 Maart 2015 S186 U-36 19 Augustus 2008 6 Februarie 2013 10 Oktober 2016 S187 U-37 (beplande) S188 U-38 (beplande)Italiaanse Vloot S 526 Salvatore Todaro 3 Julie 1999 6 November 2003 29 Maart 2006 S 527 Scirè 27 Mei 2000 18 Desember 2004 19 Februarie 2007 S 528 Pietro Venuti 9 Desember 2009 9 Oktober 2014 6 Julie 2016 S 529 Romeo Romei 2012 4 Julie 2015 11 Mei 2017 Financed in 2018 MoD Balance Financed in 2018 MoD Balance

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Tipe 212-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 1 500 metrieke ton Verplasing (onderwater) 1 797 metrieke ton Lengte 57,0 m Breedte 7,0 m Aandrywing 2 x MTU 16V 396 diesel generatorsPermasyn elektriese motor, 600 - 900V battery; 3 164 kW Spoed (oppervlak) 12,0 knope Spoed (onderwater) 20,0 knope Bemanning 32 persone Wapens 6 x 533 mm torpedobuise24 x stn Atlas Electronik DM2A4 torpedo's

Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,

Verwysings

Kategorie:Duikbote