Carl Orff (10 Julie 1895 – 29 Maart 1982) was 'n Duitse komponis en musiekopvoeder, veral bekend vir sy kantate Carmina Burana (1937). Die begrippe vervat in sy "Orff Schulwerk" was wat musiekopvoeding vir kinders betref, besonders leersaam en invloedryk.
Lewe Vroeë lewe Orff is op 10 Julie 1895 in München gebore as die seun van Paula (Köstler) en Heinrich Orff. Sy familie was van Beiere. Sy pa was 'n weermagoffisier met sterk musikale belangstellings. Op die ouderdom van vyf jaar het Orff begin klavier, orrel en tjello speel, en 'n paar liedjies en musiek vir poppespel gekomponeer.
In 1911, op die ouderdom van 16 jaar, word sommige van Orff se musiek gepubliseer.
Dood duimnael|Orff se graf by die Andechs Abdy-kerk Orff het in 1982 op 86 jaar in München aan kanker gesterf. Hy het vier politieke tydperke deurleef: die Duitse Keiserryk, die Republiek van Weimar, Nazi-Duitsland en na die Tweede Wêreldoorlog die Bondsrepubliek Duitsland.
Verdere leesstof
Carl Orff und sein Werk. Dokumentation. 8 voll. Schneider, Tutzing 1975–1983, , , , , , , , .
Bronne
Verwysings
Eksterne skakels
Carl Orff Foundation Orff Senter, München Diskografie Profiel, werke, diskografie, argief Schott Music Carl Orff by Schott Music
Onderhoud met dirigent Ferdinand Leitner by Bruce Duffie. Leitner was 'n goeie vriend van Orff en het baie van sy werke gedirigeer.
Kategorie:Duitse komponiste Kategorie:Geboortes in 1895 Kategorie:Sterftes in 1982