Bordeaux 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Région (gewes) 20px Nieu-Akwitanië Département 20px Gironde Koördinate Stigting 3de eeu v.C. Oppervlakte: - Totaal 49,36 vk km Hoogte bo seevlak 1–42 m Bevolking: - Totaal (2019) 260 958 - Bevolkingsdigtheid 5 300/vk km - Metropolitaanse gebied 1 363 711 Tydsone UTC +1 (MET) - Somertyd UTC +2 (MEST) Burgemeester Pierre Hurmic (EELV) Amptelike webwerf bordeaux.fr
Bordeaux (Frans: [bɔʁˈdo], ; Oksitaans-Gaskons: Bordèu, [buɾˈðɛw]; Baskies: Bordele) is 'n hawestad in die suidweste van Frankryk met 'n bevolking van 254 436 (in 2017). Bordeaux is die administratiewe hoofstad van die région (gewes) Nieu-Akwitanië en die département Gironde en die sentrum van die metropolitaanse gebied Arcachon-Bordeaux-Libourne met 'n totale bevolking van 1,25 miljoen. Die inwoners word in Frans Bordelais genoem. Bordeaux is die grootste stad in die département Gironde, die région Akwitanië en die negende grootste in Frankryk. Die stedelike agglomerasie van Bordeaux is die sesde grootste in die land.
duimnael|links|Huurfietse buite die moderne wynmuseum Cité du Vin wat in 2016 geopen is. Die museum is deur die Amerikaanse tydskrif National Geographic in 2017 geranglys as die sewende beste museum ter wêreld Die museum se argitektoniese ontwerp, wat deur Anouk Legendre en Nicolas Desmazières behartig is, versinnebeeld die beweging van wyn in 'n glas Bordeaux is bekend vir sy voortreflike kos en wynHAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, en speel 'n belangrike rol in die internasionale wynboubedryf en -handel as lid van die Great Wine Capitals Global Network. Wynskoue soos Vinexpo en Semaine des primeurs lok deskundiges uit alle wêrelddele. Danksy die plaaslike wingerde het Bordeaux reeds in die Middeleeue, maar veral vanaf sy "goue tydperk" in die 18de eeu internasionale bekendheid verwerf. As die hoofstad van die voormalige provinsie Guyenne (wat grootliks met die huidige gewes Akwitanië ooreenkom) het Bordeaux deel uitgemaak van Gascogne. Die stad is teen die rand van die landskap Landes de Gascogne geleë.
Bordeaux se Lune-hawe is deur Unesco in Junie 2007 as wêrelderfenisgebied gelys.
Etimologie Die Oksitaanse stadsnaam is Bordèu, beide in die Gaskonse dialek en ander Oksitaanse dialekte wat in die omgewing gepraat word, soos Languedokies (oos van Gironde). Hierdie naam is in Bourdeaux en toe Bordeaux verfrans. Gegewe sy ligging as 'n antieke hawe het baie ander Atlantiese kustale verskillende name vir die stad: Bourdel in Bretons, Bordele in Baskies, Burdeos in Spaans, Bordeos in Galisies, Bordéus in Portugees en Bordozo in Esperanto.
In die eerste eeu is vir die eerste keer verwys na die stad as Burdigala. Vervolgens is die toponiem gedurende die Middeleeue in verskillende vorme gebruik, waaronder Burdegale, terwyl op 'n aantal ou munte ook die name Burdeghla en Burdiale verskyn. In die derde vers van Bertran de Born se sirventes verskyn 'n Oksitaanse vorm as Bordelh: D'un sirventes no m qual far longo ganda, terwyl na die stad spesifiek onder die naam Bordel verwys word in Guilhem de Tudèla se Lied van die Albigensiese Kruistog. In 'n 1147-brief aan abt Suger verskyn ook die Latynse vorm Burdellum. In 1280 is vir die eerste keer die Gaskonse vorms Bordeu en Bordel gebruik. In die 19de eeu het Luchaire aangedui dat die Gaskonse inwoners na die stad as Burdéu verwys het waarvan die huidige vorm Bordèu afgelei is. Die Franse vorm Bordeaux verteenwoordig 'n verfransing van die Gaskonse Bordèu na Bourdeaux of Bordeaux na aanleiding van die ou meervoud van Bordel ("huisie"), wat ander plekname soos Bordeaux en Bourdeaux ook goed verduidelik.
Gedurende die tydperk van die Nasionale Konvensie (1792–1795) het die stad die rewolusionêre naam "Commune-Franklin" gehad.
In die verlede is verskeie etimologieë vir die antieke Burdigala voorgestel, soos Burgos Gallos ("die Galliese dorp") deur Isidorus van Sevilla Burdigalim appellatam ferunt quod Burgos Gallos primum colonos habuerit, quibus antea cultoribus adimpleta est. in Etymologiae XV, the Latin Library of in 1695 in die Mercure de France la bourde et la jalle ("die flater en die fout"). In sy Recherches sur la ville de Bordeaux het Jacques Baurein voorgestel dat die stadsnaam gebaseer is op die Keltiese woorde burg ("die dorp") en cal ("die hawe"), . maar met sterretjies as *burg en * cal, omdat hierdie terme nie direk in Keltiese tale gebruik is nie, nóg in hierdie vorm nóg met hierdie betekenis. Verder kan *Burg-i-cal-a kwalik die antieke naam van Bordeaux wees, wat wel Burdigala is, tensy daar 'n verandering veronderstel word wat nie uit die antieke vorme getuig nie.
Die naam Burdigala kan op grond van twee elemente ontleed word, naamlik die twee Akwitaanse wortels *burd- en *gala wat onderskeidelik "modderig" en "spruit" beteken. *Burd- sou ook die variant wees van die Voor-Latynse *bard- wat ook die oorsprong van die Baskiese dorpie Bardos se naam is. *Gala is afkomstig van die Voor-Latynse *cal- wat "skuiling" of "inham" beteken en waarvan die woord "calanque" afgelei is. Volgens Michel Morvan is die oorspronklike betekenis van Burdigala "inham of skuiling in die vleie".
Na die inwoners van Bordeaux word in Frans verwys as Bordelais en Bordelaises.
Wapenkunde duimnael|links|Die kroon van Bordeaux by die raadsaal se tuin Op die ou wapen van Bordeaux, wat sy oorsprong in die tyd kort ná die Honderdjarige Oorlog het, versinnebeeld die lelies teen 'n blou agtergrond die Franse koning se wapen; die luiperd teen 'n rooi agtergrond verwys na die wapen van die provinsie Guyenne waarvan Bordeaux die hoofstad was; die kasteel simboliseer die torings van Bordeaux se ou raadsaal wat vroeër in die stad se kasteel gehuisves was en waarvan slegs die Grosse Cloche (die kloktoring) bewaar gebly het; die sekelmaan versinnebeeld die Garonne se kronkelende rivierloop, terwyl die rivierwater wat die raadsaal se torings omspoel na die belangrike rol verwys wat die stad in die seehandel speel.
duimnael|Die Grosse cloche ("Groot kloktoring") Die simbole se volgorde versinnebeeld Frankryk se aanspraak op die stad en sy omgewing waarna ook Bordeaux se leuse verwys.
Die sekelmane, wat op die wapen saamgeweef is, is die klein wapen of simbool van Bordeaux, en hulle het hul oorsprong in die simboliese sekelmaan wat slegs op die stadswapen verskyn. Hulle is ook deur Diane de Poitiers, die geliefde van koning Hendrik II van Frankryk, as haar simbool gebruik. Die drie sekels word al enkele eeue lank gebruik en verskyn dikwels op fasades, klere en ander voorwerpe.
Die wapen is teen die middel van die 17de eeu vir die eerste keer gebruik. In die 18de eeu is dit gereeld vertoon soos byvoorbeeld by die Saint-Projet-fontein (1736). Vandag verskyn die wapen orals en merk daarnaas onopvallend feitlik alles wat in besit van die Stad Bordeaux is.
Bordeaux gebruik 'n muurkroon met sewe goue tinne as sy kroon (dit verwys na Bordeaux as 'n eersterangse stad). In plaas van hierdie muurkroon word op die stadswapen dikwels 'n grawekroon gebruik – dit verwys na die feit dat Bordeaux se jurade (die stadsraad onder die Ancien Régime) sedert die 16de eeu ook die graafskap Ornon (wat grootliks met die huidige dorpe Gradignan en Villenave d'Ornon ooreenkom) geregeer het. Bordeaux is daarnaas een van slegs drie munisipaliteite in Frankryk wat nog steeds 'n adellike titel uit die tydperk voor die Franse Rewolusie dra.
Geografie Ligging duimnael|Die ligging van Bordeaux in Gironde duimnael|Die Gironde se riviermonding, soos gesien vanaf die regteroewer duimnael|Die wingerde van Moulis-en-Médoc duimnael|'n Vragskip op die Gironde Bordeaux lê in die suidweste van Frankryk, sowat 45 kilometer van die Atlantiese kuslyn af, aan die Garonne-rivier. Vanweë die rivierloop se wye boog in die stadsgebied wat soos 'n sekelmaan lyk het Bordeaux die bynaam Port de la Lune ("Hawe van die Maan") gekry. In sy benedeloop verenig die Garonne- met die Dordogne-rivier en hulle vorm saam die Gironde, die grootste tregtervormige riviermonding in Europa met 'n lengte van 70 kilometer, 'n wydte van 10 kilometer en 'n oppervlakte van 625 vierkante kilometer.
Die getye van die Atlantiese Oseaan raak dus ook die stadsgebied van Bordeaux: Tydens vloed word die rivier deur die seewater wat binnestroom teruggedruk, die vloed beweeg tot by 100 kilometer ver na die binneland, en die waterpeil styg met sowat een meter. Die stromings wat ontstaan veroorsaak maalstrome en 'n onrustige wateroppervlak. Soms beweeg golwe van seewater oor 'n afstand van tientalle kilometers stroomop, 'n natuurverskynsel wat in Bordeaux as mascaret ("springvloed") bekend staan.
Geologie Die linkeroewer van die Garonnerivier, waar ook die grootste gedeelte van Bordeaux se stadsgebied lê, bestaan uit uitgestrekte moerasgebiede met klein heuwels (Frans: croupes). Die heuwels is deur sedimente van afgebrokkelde gesteentes gevorm, met grint en gruis as hulle belangrikste ondergrond. Die grond is swak, maar nogtans vanweë sy hoë poreusheid wat water laat deursypel en sy vermoë om warmte te stoor uiters geskik vir wynbou.
Bordeaux lê tussen twee gebiede wat in geomorfologiese opsig op mekaar lyk – Médoc langs die rivier se benedeloop en Graves langs sy boloop. Die plaaslike wingerde strek dikwels tot in die beboude gebiede.
Die regteroewer gaan byna regstreeks in 'n kalkplato met 'n hoogte van tot by 90 meter oor en word deur sy platorand gekenmerk. Die plato huisves teen 'n afstand van sowat twintig kilometer wêreldbekende wynbougebiede soos Saint-Émilion, Pomerol en Fronsac waar sommige van die wêreld se duurste wyne verbou word.
Klimaat Bordeaux lê aan die suidelike rand van die gematigde klimaatsone, en die baie milde winters en lang warm somers toon reeds die sterk invloed van die aangrensende subtropies-Mediterreense gebied. Reënval kom in Bordeaux die hele jaar deur voor, en met 'n jaarlikse gemiddelde van 891 millimeter se neerslae is die gebied een van die natste in die land. Die sterkste reënval binne 'n halfuur, wat ooit in Frankryk aangeteken is, het in Julie 1883 in Bordeaux geval. Winterreën is die mees tipiese vorm van neerslae, terwyl somerreën meestal in die vorm van donderbuie uitsak. 'n Sogenaamde "dubbeldonderbui" met swaar reën het op 31 Mei 1982 binne 'n uur die gemiddelde neerslae van 'n hele maand oor die stad laat uitsak.
Bordeaux se gemiddelde jaarlikse temperatuur is 12,3 °C met 'n gemiddelde minimum van 5,2 °C in Januarie en 'n gemiddelde maksimum van 19,6 °C in Julie. Gewoonlik oefen die Atlantiese Oseaan 'n matigende invloed op die plaaslike temperature uit, maar daar is nogtans ook weerstoestande wat van hittegolwe vergesel word. Tydens die hittegolf van die jaar 2003 het die kwik op twaalf opeenvolgende dae tot maksimale temperature van 35 °C of hoër gestyg, en op een dag is selfs 41 °C aangeteken.
Met 'n gemiddelde jaarlikse aantal van 2 000 sonskynure oortref Bordeaux die meeste ander Franse gebiede met uitsondering van die Mediterreense en enkele Atlantiese kusgebiede.
Die mikroklimaat van Bordeaux en sy omgewing is uiters gepas vir wynbou. Die stad en die wingerde word daarnaas deur 'n breë strook denneboombosse, die Forêt des Landes, teen seewinde beskerm. Ook die Gironde se rivierloop oefen 'n matigende invloed op – die rivierwater werk soos 'n reusagtige battery wat bedags warmte stoor en dit snags weer uitstraal. Daarnaas reflekteer die rivierwater die invallende sonstrale na die omgewing.
Geskiedenis Die omgewing van Bordeaux is reeds tussen 30 000 en 20 000 jaar gelede deur Neanderthal-mense bewoon. Oorblyfsels van hierdie vroeë inwoners is in die bekende Pair-non-Pair-grot naby Bourg sur Gironde, net noord van Bordeaux, ontdek.