Silvester I was die 33ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie Pous Silvester I (ook gespel Sylvester) is volgens die Liber Pontificalis 'n Romein van geboorte, die seun van Rufinus en Justa. Op 31 Januarie 314 volg hy Pous Miltiades op en regeer tot sy dood op 31 Desember 335. Hy word opgevolg deur Pous Markus. Die beskrywing van sy lewe in die Vita beati Sylvestri (Lewe van die Heilige Silvester) word tans legendaries geag. Die naam ‘Silvester’ beteken ‘Woudman’.
Pontifikaat duimnael|links|Pous Silvester I en keiser Konstantyn die Grote Die pous het deel gehad aan die veroordeling van die Ariane en ook aan die kerkvergadering van Nicea in 325 waar die Apostoliese geloofsbelydenis ontstaan het. Hy het gesante na die eerste ekumeniese raad gestuur. Gedurende sy pontifikaat is verskeie groot kerke gebou soos die basiliek van Laterane en die Heilige Kruis kerk (Santa Croce). Die kerk van Equitius, 'n Romeinse ouderling, naby die baddens van keiser Diocletianus bestaan vandag nog.
Verering Silvester word as heilige vereer. Sy gedenkdag is op 31 Desember in die Rooms-Katolieke Kerk en 2 Januarie in die Oosters-Ortodokse Kerk. Hy is die beskermheilige van huisdiere, 'n goeie oes en die nuwe jaar. Sy reliek word gehou in die kerk San Silvestro in Capite in Rome.
Verwysings Davis, R. (2001) Book of the Pontiffs (English Translation of the Liber Pontificalis) Liverpool University Press.
Eksterne skakels
Legenda Aurea
Nota Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.
Opvolging
Silvester I Silvester I Kategorie:Sterftes in 335