Die 11de Cannes-rolprentfees is van 2-18 Mei 1958 in Cannes, Frankryk, gehou. Die Palme d'Or is toegeken aan The Cranes are Flying (Letyat zhuravli) deur Mikhail Kalatozov. Die Franse dramaturg en draaiboekskrywer Marcel Achard was die president van die jurie.

Pryse duimnael|160px|Marcel Achard, president van die jurie. duimnael|160px|Paul Newman, beste akteur. Van die mense en prente wat in 1958 pryse ontvang het, is:

Palme d'Or: The Cranes are Flying (Letyat zhuravli) deur Mikhail Kalatozov Beste regisseur: Ingmar Bergman vir Brink of Life (Nära livet) Beste draaiboek: Massimo Franciosa, Pasquale Festa Campanile en Pier Paolo Pasolini vir Young Husbands (Giovani mariti) Beste akteur: Paul Newman vir The Long, Hot Summer Beste aktrise: Bibi Andersson, Eva Dahlbeck, Barbro Hiort af Ornäs en Ingrid Thulin vir Brink of Life (Nära livet) Jurieprys: Goha deur Jacques Baratier en Visages de bronze deur Bernard Taisant

Kortprente Palme d'Or: La Joconde: Histoire d'une obsession deur Henri Gruel en Jean Suyeux en La Seine a rencontré Paris deur Joris Ivens Spesiale prys: Auf den Spuren des Lebens deur Fritz Heydenreich en Nez nam narostla kridla deur Jiri Brnecka

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees