Kirill Karabits (Russies: Кирилл Карабиц, Oekraïens: Кирило Карабиць, Kyrylo Karabyts) (gebore op 26 Desember 1976, in Kiev [toe in die Oekraïense Sowjet Sosialistiese Republiek van die Sowjetunie) is 'n Oekraïense dirigent.
Biografie Karabits se vader was die dirigent en komponis Ivan Karabyts. Gedurende sy jeug het Karabits klavier, musikologie en komposisie gestudeer, en teen die ouderdom van dertien jaar 'n belangstelling in dirigeer begin ontwikkel. Sy vroeëre onderwysers het Tatiana Kozlova ingesluit. Hy het in Kiev by die Lysenko Musiekskool gestudeer, en later by die Nasionale Tsjaikofski Musiekakademie. In 1995 het hy met sy studies by die Weense Musikhochschule begin en na vyf jare se studies 'n diploma in orkestrale dirigeerwerk verdien. Hy het ook die Internationale Bachakademie Stuttgart bygewoon waar hy 'n student van Helmuth Rilling en Peter Gülke was. Hy het ook skolastiese werk op die musikale argief van die Berliner Singakademie gedoen, soos om bv. die 1784 Johannes Passie van Carl Philipp Emanuel Bach te transkribeer, welke werk as verlore geag is. Karabits het sy eerste openbare optrede as dirigent op die ouderdom van negentien gemaak. Hy was vanaf 1998 tot 2000 assistent-dirigent van die Boedapest Fees-orkes gewees. Hy het ook vanaf 2002 tot 2005 as assosiaat dirigent van die Orchestre Philharmonique de Radio France gedien. Karabits het vanaf 2005 tot 2007 die pos van prinsipiele gas-dirigent van die Orchestre Philharmonique de Strasbourg gehou.
In Oktober 2006 het Karabits sy eerste verskyning as dirigent saam met die Bournemouth Simfonieorkes (BSO) gemaak en in Oktober 2007 teruggekeer, met beide konserte wat lof toegeswaai is. In November 2007 het die BSO die aanstelling van Karabits as hul dertiende Prinsipiële Dirigent aangekondig na 'n eensydige stem van die orkes se musici met ingang van die 2009/10 seisoen.Bournemouth Symphony Orchestra, "Karabits appointed new Principal Conductor". 29 November 2007.James Inverne, "Bournemouth Symphony Orchestra names new chief conductor". Gramophone, 23 November 2007. Karabits het die titel van Aangewese Prinsipiële Dirigent vir die 2008/09 seisoen gehou, met drie konsertverskynings. Hy het in Augustus 2009 sy eerste verskyning tydens The Proms met die BSO gemaak, en formeel in Oktober 2009 die prinsipiële dirigeerskap van die BSO oorgeneem. Karabits is die eerste Oekraïense dirigent om as die prinsipiële dirigent van 'n VK orkes benoem te word. Sy aanvanklike kontrak was vir vier jaar. Karabits het saam met die BSO musiek van Rodion Shchedrin vir Naxos opgeneem, sowel as die musiek van Aram Khachaturian vir die Onyx plate-etiket. In Augustus 2011 het Karabits en die BSO ooreengekom op 'n drie-jaar verlenging van sy kontrak as prinsipiële dirigent, met inbegrip van die 2015–2016 seisoen.In April 2015 het die BSO aangekondig dat Karabits 'n self-verlengende kontrak as prinsipiële dirigent geteken het ten einde sy tyd aan die hoof van die BSO te verleng tot ten minste 2018.
Karabits het die I,CULTURE Orchestra van Pole vir die eerste keer in 2013 gedirigeer. In September 2014 het die orkes die aanstelling van Karabits as die orkes se nuwe artistieke direkteur aangekondig. In November 2014 het Karabits sy eerste verskyning as gas-dirigent met die Staatskapelle Weimar gemaak. Hy het die eerste keer in Maart 2015 'n produksie by die Deutsches Nationaltheater und Staatskapelle Weimar (DNT) gelei. Die Deutsches Nationaltheater und Staatskapelle Weimar het gevolglik, gebaseer op hierdie uitvoerings, in Julie 2015 vir Karabits as hul volgende Generalmusikdirector (GMD) en hoofdirigent aangekondig, met ingang van die 2016–2017 seisoen met 'n aanvanklike kontrak van drie jaar. In Junie 2018 het die DNT en Staatskapelle Weimar aangekondig dat Karabits sy tyd as GMD van die geselskap sal voltrek, nadat die partye nie 'n ooreenkoms kon bereik betreffende die verlenging van die kontrak nie.
Verwysings
Eksterne skakels AskonasHolt agentblad biografie van Kirill Karabits Orchestre Philharmonique de Radio France, Franstalige biografie van Kirill Karabits Classical CD Review, resensie van Naxos 8.572405, opname van Rodion Shchedrin se Concerti vir Orkes Nos. 4 en 5, en Khrustal'niye gusli
Kategorie:Oekraïense dirigente Kategorie:Mense van Kiev Kategorie:Geboortes in 1976 Kategorie:Lewende mense