Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Egiptiese Arabies.
Egiptenare (Egiptiese Arabies: مِصريّون; Kopties: ⲛⲓⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ, Ni/rem/en/kīmi) is 'n etniese groep inheems aan Egipte en die bevolking van dié land, met 'n gemeensame kultuur en dialek, bekend as Egiptiese Arabies.
duimnael|links|3de-eeuse Koptiese inskripsie Die Egiptiese identiteit is nou verbonde aan geografie. Die Egiptiese bevolking is weerskante die laer Nylvallei, die nou strook van bewerkbare land wat van die eerste Katarakt na die Middellandse See streek en beide in die ooste en weste deur woestyn begrens word. Dié unieke geografie vorm sedert antieke tye die basis vir die ontwikkeling van die Egiptiese samelewing.
Egiptenare besig in hul alledaagse lewe die plaaslike dialek, Egiptiese Arabies, Masri genoem. Hulle is hoofsaaklik aanhangers van Soennitiese Islam, met 'n Sjiitiese en Soefistiese minderheid. Hoffman, Valerie J. Sufism, Mystics, and Saints in Modern Egypt. University of South Carolina Press, 1995. 'n Aansienlike persentasie Egiptenare, die Kopte, is Kopties-Ortodokse Christene, wie se liturgiese taal, Kopties, die moderne ontwikkelingstadium van antieke Egipties is en steeds saam met Egiptiese Arabies in godsdienste gebruik word.
Terminologie duimnael|links|upright|Romeinse portret van 'n Egiptiese mummie uit die Fayum-versameling, ca. 125–150 n.C. Egiptenare het al verskeie benamings gehad: Egiptenare, afgelei van Grieks Αἰγύπτιοι, Aiguptioi, van Αἴγυπτος, Aiguptos, "Egipte". Die Griekse naam is afgelei van die laat Egiptiese Hikuptah, "Memphis", 'n voortsetting van die vroeëre Egiptiese naam Hat-ka-Ptah (ḥwt-k3-ptḥ), "Setel van die Siel van (die God) Ptah", wat na 'n tempel in Memphis, wat aan hierdie godheid gewy is, verwys. Strabo verskaf 'n volksetimologie, waarvolgens Αἴγυπτος van Aἰγαίου ὑπτίως Aegaeou huptiōs, letterlik "benede [dit wil sê suid van] die Egeïese See", ontleen is. Kopte (قبط, qibṭ, qubṭ), ook 'n afleiding van die Griekse woord Αἰγύπτιος, Aiguptios ("Egipte", "Egiptenare"), wat tydens die Islamitiese heerskap ná die Romeinse tydperk in Egipte ontstaan het en na die inheemse Egiptenare in afbakening tot die Arabiese heersers verwys het. Kopties was die taal van die staat, kerk en volk http://cdm15831.contentdm.oclc.org/cdm/ref/collection/cce/id/520 https://st-takla.org/books/pauline-todary/coptic-language/ages.html maar is ná die Islamitiese verowering met Arabies vervang, Islam het eeue ná die Islamitiese verowering van Egipte die oorheersende godsdiens geword, veral as gevolg van bekering weens die Christene se hoër belastingkoers teenoor ander Egiptenare; die moderne term, soos ons dit vandag ken, het later die uitsluitlike term vir Egiptiese en Koptiese Christene geword, alhoewel tot die Mameluk-tydperk verwysings na inheemse Moslems as Kopte bevestig kan word. C. Petry. "Copts in Late Medieval Egypt." Coptic Encyclopaedia. 2:618 (1991). Masryeen (Masryyeen), die moderne Egiptiese benaming wat afgelei is van die antieke Semitiese naam vir Egipte en oorspronklik "beskawing" of "metropolis" beteken het. Die Klassieke Arabies Miṣr (Egiptiese Arabies: Maṣr) is direk verwant aan die Bybelse Hebreeuse Mitsráyīm, letterlik "die twee paaie", 'n verwysing na die voordinastiese verdeling in Bo- en Benede-Egipte. Volgens Edward William Lane in die 1820's het Egiptenare na hulself algemeen as El-Maṣreyyīn "die Egiptenare", Ewlad Maṣr "die kinders van Egipte" en Ahl Maṣr "die mense van Egipte" verwys. Hy voeg by dat die Ottomane die Egiptenare met die naam Ahl-Far'ūn "die farao se mense" gestigmatiseer het. Lane, Edward William. An Account of the Manners and Customs of the Modern Egyptians. Cairo: American University in Cairo, 2003. Rep. of 5th ed, 1860. bl. 26–27. 𓂋𓍿𓀂𓁐𓏥𓈖𓆎𓅓𓏏𓊖 / rmṯ n Km.t, die inheemse Egiptiese naam vir die mense van die Nylvallei, letterlik "mense van Kemet" (dit wil sê Egipte). In die oudheid is dit dikwels as Rmṯ of "die mense" verkort. Die naam is rem/en/kī/mi ⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ in die (Bohairiese) Koptiese vlak van die taal uitgespreek en beteken "Egiptenaar" (ni/rem/en/kīmi ⲛⲓⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ, met die meervoud bepalende lidwoord, "die Egiptenare").
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
Kategorie:Etniese groepe in Egipte Kategorie:Etniese groepe in Europa Kategorie:Etniese groepe in Libië Kategorie:Etniese groepe in Oseanië Kategorie:Etniese groepe in Saoedi-Arabië Kategorie:Etniese groepe in Suid-Afrika Kategorie:Etniese groepe in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Inheemse volke van Afrika