duimnael|Davis in 1967 Sir Colin Rex Davis (25 September 1927–14 April 2013) was 'n Engelse dirigent wat bekend was om sy assosiasie met die Londen Simfonieorkes wat hy in 1959 begin dirigeer het. Sy repertoire was breedvoerig gewees. Hy word egter veral met die werke van Mozart, Berlioz, Elgar, Sibelius, Strawinski en Michael Tippett geassosieer.
Hy het die klarinet studeer, maar was egter vasberade om 'n dirigent te word. Nadat hy aanvanklik in die jare 1949 tot 1957 as 'n vryskut-dirigent gesukkel het om opgang te maak, het hy 'n reeks opeenvolgende aanstellings by orkeste bekom, insluitende die BBC Skotse Simfonieorkes, die BBC Simfonieorkes en die Beiere Radio-simfonieorkes. Hy het ook die musikale direkteurskap van die Engelse Nasionale Opera en die Royal Opera House gehou, waar hy vir meer as vyftien jaar hoofdirigent was. Hy het ook by onder andere die Boston Simfonieorkes, die New York Filharmoniese Orkes en die Dresden Staatskapelle as gas-dirigent verskyn.
As onderwyser het Davis poste gehou by die Koninklike Akademie van Musiek, Londen, en die Sächsisches Landesgymnasium für Musik "Carl Maria von Weber" (voorbereidende skool vir musiek) in Dresden. Hy het in 1958 sy eerste opnames vir die grammofoon gemaak. Sy diskografie oor die volgende vyf dekades was uitgebreid, met 'n groot aantal ateljee-opnames vir Philips Records en 'n aansienlike katalogus van lewendige opnames vir die Londen Simfonieorkes se eie plate-etiket.
Vroeë jare Davis was in Weybridge, Surrey, gebore as die jongste van drie seuns van Reginald George en Lillian Davis.Blyth, bl. 4"Davis, Sir Colin (Rex)", Who's Who, 2010, A & C Black, 2010; online edition, Oxford University Press, Desember 2009. Opgespoor op 9 Januarie 2010 Die gesin was musikaal aangelê, en Davis was op 'n jeugdige ouderdom aan musiek blootgestel. Hy het dit in herinnering geroep:
"Ek kan steeds sien hoe Sargent die eerste konsert dirigeer wat ek bygewoon het. Ek kan steeds vir Melchior in die laaste toneel van Siegfried – 'n ou 78 wat op my vader se grammofoon gespeel het, hoor. … Ek kan ook die oomblik onthou toe ek besluit het om musiek my lewe te maak. Ek was op die stadium dertien of veertien jaar oud, en ek was teenwoordig by 'n uitvoering van Beethoven se Agste Simfonie. Daar het skielik vir my deure oopgegaan. Ek het heeltemal betrokke begin raak, en was obsessief oor musiek, alhoewel ek vreeslik ingeperk was deur my voorkeure en afkeure. Vandag is ek oop vir enigiets."Gramophone, Desember 1967, bl. 39
duimnael|links|Die Koninklike Kollege van Musiek, waar Davis studeer het Davis kon met geldelike bystand van sy grootoom by Christ's Hospital in Sussex studeer, en het gevolglik 'n beurs gewen om by die Koninklike Kollege van Musiek in Londen te studeer waar hy die klarinet saam met Frederick Thurston studeer het.Blyth, bls. 6–8 Sy medestudente het Gervase de Peyer ingesluit, maar Davis het 'n groter belangstelling in dirigeer ontwikkel. Hy kon egter nie in aanmerking kom vir dirigeerklasse by die kollege nie omdat hy nie klavier kon speel nie.Blyth, bl. 8
Nadat hy vir nasionale diensplig opgeroep is en nadat hy sy studies by die kollege voltooi het, het Davis as klarinetspeler in die musiekgroep genaamd Life Guards gespeel. Hy was by Windsor, Berkshire gestasioneer en het konserte in Londen bygewoon onder leiding van dirigente soos Thomas Beecham en Bruno Walter. Hy het in 1949 met 'n loopbaan as vryskut musikant 'n aanvang geneem (in sy eie woorde, die "freelance wilderness"). Hy sou tot 1957 in die hoedanigheid optree. Sy eerste dirigeerwerk was saam met die Kalmar Orkes, wat hy saam met ander voormalige studente van die Koninklike Kollege gestig het. Hy was gevolglik uitgenooi om die onlangs gestigte Chelsea Opera Group in Don Giovanni te lei. Hy het tydens die vroeë jare van sy loopbaan ook uitnodigings as 'n orkestrale klarinetspeler aanvaar.Blyth, bls. 9–10 Wat aanvanklik as 'n voltydse aanstelling as dirigent voorgekom het (by die Oorspronklike Ballet Russe in 1952) het op abrupte wyse na drie maande geëindig toe die geselskap ontbind het. Davis het tussen rare geleenthede om as dirigent op te tree, as afrigter en lektor gewerk. Dit het kortstondige werksgeleenthede by die Cambridge University Musical Society en die Bryanston Somerskool ingesluit, waar 'n uitvoering van L'enfance du Christ sy liefde vir die musiek van Berlioz opnuut ontwaak het.Blyth, bl. 10
BBC en Sadler's Wells Davis se eerste deurbraak het in 1957 gekom toe hy met sy derde poging die pos van assistent dirigent van die BBC Skotse Orkes (nou die BBC Skotse Simfonieorkes) bekom het. Die hoofdirigent van die orkes het oor die algemeen verkies om die standaard repertoire self te dirigeer, en het Davis met moderne werke en nie-standaard werke opgesaal, insluitende die van Berlioz.Blyth, bl. 11 Teen 1959 het Davis al in so 'n mate ontwikkel dat die hoof musiekkritikus van The Observer, Peter Heyworth, na 'n konsert bestaande uit die werke van Strawinski en Mozart met die London Mozart Players geskryf het, "Mnr. Davis het die twee werke op 'n wyse gedirigeer wat aantoon dat hy nie slegs uitstaan tussen ons jonger dirigente nie, maar waarskynlik die beste is wat ons geproduseer het sedertdien Thomas Beecham, sy senior met agt-en-veertig jare."Heyworth, Peter, "Best Since Beecham", The Observer, 6 September 1959, p. 23
duimnael|regs|Glyndebourne Festival Opera, toneel van een van Davis se vroeë deurbrake Davis is die eerste keer opgemerk en lof toegeswaai toe hy in 1959 vir 'n sieklike Otto Klemperer ingestaan het tydens 'n uitvoering van Don Giovanni by die Royal Festival Hall. Beecham het hom 'n jaar later uitgenooi om met hom saam te werk in die voorbereiding van Die Towerfluit by die Glyndebourne Festival Opera. Beecham was ongesteld, en Davis het gevolglik die opera gedirigeer. Na Don Giovanni, het The Times geskryf, "'n Uitstekende dirigent van Mozart het gisteraand by die Fees-saal sy stem dik gemaak…. Mnr. Davis het na vore getree as 'n dirigent wat ryp is vir grootheid.""Outstanding Don Giovanni under Mr. Colin Davis", The Times, 19 Oktober 1959, bl. 6 Na Die Towerfluit het The Times Davis 'n "meester van Mozart se idioom, styl en belang" genoem,"Mozart Genius at its Peak", The Times, 29 Julie 1960, bl. 13 alhoewel Heyworth in The Observer teleurgestel was deur sy tempo en dit as te stadig beoordeel het.Heyworth, Peter. "Disenchanted Flute", The Observer, 31 Julie 1960, bl. 18
Davis het in 1960 sy buiging by the Proms gemaak in 'n program van Britten, Schumann, Mozart en Berlioz.The Times, 3 Augustus 1960, bl. 5 In dieselfde jaar was hy as hoofdirigent van die Engelse Nasionale Opera (Sadler's Wells Opera) aangestel, en in 1961 was hy as musikale direkteur van die geselskap aangestel saam met wie hy 'n groot repertoire van operas opgebou het. Hy het in Londen sowel as tydens toere gedirigeer.Blyth, bl. 13 Grove's Dictionary of Music and Musicians het van die tydperk geskryf, "Hy het uitgeblink in Idomeneo, The Rake's Progress, Oedipus rex (opera) en Fidelio; sy Wagner, Verdi en Puccini was egter minder suksesvol. Hy het Kurt Weill se Rise and Fall of the City of Mahagonny en Ildebrando Pizzetti se Assassinio nella cattedrale aan die Britse publiek bekendgestel en die première van Richard Rodney Bennett se The Mines of Sulphur (1965) gedirigeer.""Colin Davis", Grove's Dictionary, Oxford Music Online. Opgespoor 9 Januarie 2009 Hy het saam met die verhoog-direkteur, Glen Byam Shaw, gewerk om operas op 'n wyse aan te bied wat genoegsame oorweging aan die drama sowel as die musiek gegee het.Blyth, bl. 21 Davis was tydens sy vroeëre jare tydens repetisies bekend as ietwat van 'n vuurvreter met 'n vurige humeur, en derhalwe was sy vertrek van Sadler's Wells in 1965 nie sonder bitterheid en kwade gevoelens nie.
Nadat Davis vir Sadler's Wells verlaat het en oorgesien is as hoofdirigent van die Londen Simfonieorkes, was hy egter met ingang September 1967 as hoofdirigent van die BBC Simfonieorkes aangewys.Orga, bl. 158 Aanvanklik was sy tyd daar, gesien vanuit die algemene oogpunt van die publiek, oorskadu tydens the Proms deur die herinnering aan Malcolm Sargent. Vergeleke met die "bekoorlike en gesofistikeerde vaderfiguur"-beeld van Sargent,Cox, bl. 192het dit 'n tydjie geneem vir die jonger Davis om aanvaar te word. Die BBC se amptelike geskiedkundige van die Proms het later geskryf, "Davis het homself nooit met die Proms geïdentifiseer op dieselfde wyse as wat Sargent gedoen het nie." Davis was ongemaklik met die tradisionele herrie en luidrugtigheid van die Laaste Nag van die Promenade en het op onsuksesvolle wyse gepoog om dit te moderniseer.Orga, bl. 166 Die BBC se kontroleerder van musiek, William Glock, was 'n groot bewonderaar van Davis en het hom aangemoedig om avontuurlustige programme op te dis - met 'n nuwe klem op moderne musiek - tydens beide die Proms sowel as die orkes se jaarlikse skedule.Blyth, bl. 16
Covent Garden In 1970 het David Webster, die bestuurder van die Royal Opera en die Koninklike Balletgeselskappe by Covent Garden, vir Davis uitgenooi om vir Georg Solti as hoofdirigent van die opera op te volg.Haltrecht, bl. 101 Om en by dieselfde tyd het die Boston Simfonieorkes hom ook uitgenooi om musikale direkteur v/d orkes te word; Davis het egter gevoel dat dit sy plig was om die pos te aanvaar indien Covent Garden hom benodig het. Webster se visie was dat Davis en die verhoogdirekteur Peter Hall (voorheen van die Koninklike Shakespeare Geselskap) in gelyke vennootskap as musikale direkteur en direkteur van produksies sou saamwerk. Na aanvanklike suksesse, insluitende die première van Michael Tippett se The Knot Garden in Desember 1970, het Hall egter die geselskap verlaat ten einde vir Laurence Olivier as direkteur van die Koninklike Nasionale Teater op te volg. Webster het teen die tyd reeds afgetree, en derhalwe is dit aan Davis, saam met Webster se opvolger as Algemene Administrateur, John Tooley, oorgelaat om die Royal Opera te bedryf.Haltrecht, bl. 101
duimnael|regs|Die Royal Opera House, Covent Garden, waar Davis tussen 1979 en 1986 musikale direkteur was. Davis se vroeë werksaamhede in beheer van Covent Garden was deur ontevredenheid deur sommige lede van die gehoor gekenmerk, en tydens die rampspoedige vertoning van Verdi se Nabucco in 1972 kon 'n ge-uitjouery uit dele van die gehoor bespeur word. Ook Davis se dirigeer van Wagner se Ringsiklus is aanvanklik ongunstig vergelyk met die weergawes van sy voorganger. Van sy suksesse was Berlioz se massiewe Les Troyens (met Jon Vickers en Anja Silja) en Benvenuto Cellini, Verdi se Falstaff, die bekendste Mozart operas, en, soos een kritikus dit gestel het, het Davis "sy belang as 'n Britten en Strawinski interpreteerder bevestig" met produksies van Peter Grimes en The Rake's Progress. Davis het meer as dertig operas gedurende sy vyftien-jaar lange tyd by Covent Garden gedirigeer, maar "aangesien mense soos Maazel, Abbado en Muti slegs vir nuwe produksies sou kom", het Davis toegewings gemaak en die dirigeerstaf aan hierdie buitelandse dirigente oorhandig en sodoende die kans opgegee om verskeie van die bekendste operas te dirigeer, insluitende Der Rosenkavalier, Rigoletto en Aida.