Jamaikaanse patois (Engels: Jamaican Patois) is 'n Engelsgebaseerde kreools wat deur sowat drie miljoen mense van die eilandstaat Jamaika gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide kreools van die Karibiese gebied ná Haïtiaanse kreools. Jamaikaanse patois dien de facto as nasionale taal van Jamaika.

duimnael|links|Bob Marley (1945–1981), 'n beroemde reggae-kunstenaar wat soms in Jamaikaanse patois gesing het Die woord patois is van Franse oorsprong en verwys na 'n plaaslike dialek.

Jamaikaanse patois het uit Engels ontwikkel, maar sluit ook leenwoorde uit Afrikatale soos Akan, Ewe, Fula, Igbo, Joroeba, Kongo en Wolof in.

Jamaikaanse patois is veral bekend as moedertaal van verskeie Jamaikaanse musici soos Bob Marley en het as gevolg van reggae se wêreldwye gewildheid en sukses internasionale bekendheid verwerf.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Kategorie:Engelsgebaseerde pidgin- of kreooltale Kategorie:Jamaika