Die Politecnico di Milano (akroniem: PoliMi) is 'n openbare universiteit in die Noord-Italiaanse metropool Milaan wat in 1863 gevestig is. As 'n wetenskaplik-tegnologiese tersiêre instelling fokus PoliMi met sy akademiese opleiding en navorsing op drie makrovelde − ingenieurswetenskappe, argitektuur en industriële onderwerp. In al drie velde is die PoliMi, wat sy huidige naam sedert 1937 dra, een van die voorste tersiêre instellings in Europa. 'n Vrugbare samewerking met die sakewêreld en nywerheidsektor is op die basis van eksperimentele navorsing, tegnologie-ontwikkeling en -oordrag gevestig. duimnael|links|In April 2019 het Wikimedia Italia die kursus Wikipedia, scienza e tecnologia per tutti («Wikipedia, wetenskap en tegnologie vir almal») in samewerking met die Politecnico di Milano aangebied. Ingenieurstudente van PoliMi ut verskeie vakrigtings is uitgenooi om een of meer Wikipedia-artikels in Italiaans te skryf PoliMi beskik oor twee kampusse in Milaan, geleë in Bovisa en Città Studi, met 'n netwerk van verdere kampusse en skole in die administratiewe streke Lombardye en Emilia-Romagna − in Como, Cremona, Lecco, Mantua (Mantova) en Piacenza. 'n Oorsese kampus is in samewerking met die Universiteit Tongji in Sjanghai in die Volksrepubliek China gevestig.
Bekende oudstudente Gae Aulenti (argitektuur) Vittorio Gregotti (argitektuur, stadsbeplanning en argitektuurteorie)
Eksterne skakels
Kategorie:Italiaanse universiteite