duimnael|Igor Oistrakh (regs) in 1957 met sy vader David (links) en dirigent Franz Konwitschny Igor Davidovich Oistrakh (Oekraïens: Ігор Давидович Ойстрах; Russies: И́горь Дави́дович О́йстрах; gebore op 27 April 1931) is 'n Russiese violis.Igor Oistrakh - Biography. Britannica.com
Lewe en loopbaan Oistrakh was in Odessa, Oekraïne (toe deel van die Sowjetunie) gebore en is die seun van Tamara Rotareva en die violis David Oistrakh. Hy het die Sentrale Musiekskool in Moskou bygewoon en sy konsertbuiging in 1948 gemaak. Van 1949 tot 1955 het hy by die Moskou Staat Tsjaikofski Konservatoria gestudeer en in 1949 die Internasionale Vioolkompetisie in Boedapest gewen asook die Henryk Wieniawski Vioolkompetisie in Poznań in 1952. Hy het daarna in 1958 by die fakulteit van die Konservatoria aangesluit en in 1965 'n lektor daar geword. Oistrakh hou sedert 1996 die pos van Professor van die Koninklike Konservatoria van Brussel.
Oistrakh het gereeld internasionaal as beide solis, in gesamentlike uitvoerings met sy vader, of met sy vader as dirigent, opgetree. Hy is bekend om sy nugtere en modernistiese interpretasies.
Die asteroïde 42516 Oistrach is ter ere van hom en sy vader vernoem.
Verwysings
Eksterne skakels Igor Oistrakh. AllMusic.com Igor Oistrakh (Viool, dirigent). Bach Kantates Webtuite
Kategorie:Geboortes in 1931 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Russiese violiste Kategorie:Lewende mense Kategorie:Oekraïense Jode