duimnael|Voorblad van Alfred Russel Wallace se boek The Geographical Distribution of Animals.
Biogeografie is die studie van die verspreiding van spesies en ekostelsels in die geografiese ruimte en deur geologiese tyd. Organismes en biologiese gemeenskappe wissel gereeld op 'n geografiese vlak van breedtegraad, hoogte, isolasie en habitat.
Fitogeografie is die tak van biogeografie wat die verspreiding van plante bestudeer, en soögeografie is die tak wat die verspreiding van diere bestudeer.
Die wetenskaplike teorie van biogeografie spruit uit die werk van Alexander von Humboldt (1769–1859), Hewett Cottrell Watson (1804–1881), Alphonse de Candolle (1806–1893), Alfred Russel Wallace (1823–1913), Philip Lutley Sclater (1829–1913) en ander bioloë en ontdekkingsreisigers.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Biogeografie