Die Nobelprys vir Chemie (Sweeds: Nobelpriset i kemi) is ’n jaarlikse prys wat deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe toegeken word aan mense wat wêreldwyd die uitmuntendste bydraes op die gebied van chemie gelewer het. Dit is een van vyf pryse waarvoor Alfred Nobel in sy testament voorsiening gemaak en sedert 1901 toegeken word; die ander is die Nobelpryse vir fisika, fisiologie of geneeskunde, letterkunde en vrede.

duimnael|links|Hoofgebou van die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan, met die Nobelprys vir Chemie tradisioneel derde en op 'n Woensdag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2025 is die prys aan altesaam 198 individue toegeken. Nog net agt vroue het dit gekry: Marie Curie en Irène Joliot-Curie in 1935, Dorothy Crowfoot Hodgkin in 1964, Ada Yonath in 2009, Frances Arnold in 2018, Emmanuelle Charpentier en Jennifer Doudna in 2020, asook Carolyn R. Bertozzi in 2022.

Twee Nobelprys vir Chemie-wenners, naamlik die Duitsers Richard Kuhn (1938) en Adolf Butenandt (1939), was deur hul regering, die destydse Nazi-Duitsland, nie toegelaat om die prys te aanvaar nie. Hulle sou later, ná die afloop van die Tweede Wêreldoorlog, 'n medalje en diploma ontvang, maar nie die prysgeld nie. Frederick Sanger is een van drie bekroondes wat twee keer die Nobelprys in dieselfde vak toegeken is, in 1958 en in 1980. Karl Barry Sharpless is ook twee keer met die Nobelprys vir Chemie bekroon, in 2001 en 2022. John Bardeen is twee keer met die Nobelprys vir fisika bekroon, in 1956 en in 1972. Twee ander het Nobelpryse twee keer gewen, een in chemie en een in 'n ander vak: Maria Skłodowska-Curie (fisika in 1903 en chemie in 1911) en Linus Pauling (chemie in 1954 en vrede in 1962).

Die 2025-Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Susumu Kitagawa, Richard Robson en Omar M. Yaghi "vir die ontwikkeling van 'n metaal-organiese raamwerk".

Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word), 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.

Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Chemie vanaf 1901 tot op hede. In 1916–1917, 1919, 1924, 1933 en 1940–1942 is die prys nie toegeken nie.

1900's – 1910's – 1920's – 1930's – 1940's – 1950's – 1960's – 1970's – 1980's – 1990's – 2000's – 2010's – 2020's

1900's + Nobelprys vir Chemie, 1900'sJaar NaamLandBeweegrede 1901 75px Jacobus Henricus van 't Hoff "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur die ontdekking van die wette van chemiese dinamika en die osmotiese druk in oplossings" 1902 75px Hermann Emil Fischer "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het deur sy werk ten opsigte van suiker- en puriensintese" 1903 75px Svante Arrhenius "uit erkenning vir die buitengewone dienste wat hy gelewer het ten opsigte van die bevordering van chemie deur sy elektrolitiese teorie van dissosiasie" 1904 75px William Ramsay "uit erkenning vir sy dienste deur die ontdekking van die onreaktiewe gasvormige elemente in lug en sy bepaling van hul posisie in die Periodieke Stelsel" 1905 75px Adolf von Baeyer "uit erkenning vir sy dienste ter bevordering van organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy werk ten opsigte van organiese kleurstowwe en hidro-aromatiese verbindings" 1906 75px Henri Moissan "uit erkenning vir die reuse-dienste deur hom gelewer in sy navorsing en vir die isolering van die element fluoor, asook vir die ingebruikname in diens van die wetenskap van die elektriese oond wat na hom genoem is" 1907 75px Eduard Buchner "vir sy biochemiese navorsing en sy ontdekking van selvrye fermentasie" 1908 75px Ernest Rutherford "vir sy ondersoeke na die disintegrasie van die elemente en die chemie van radioaktiewe stowwe" 1909 75px Wilhelm Ostwald "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van katalise en vir sy ondersoeke na die fundamentele beginsels wat chemiese ekwilibria en reaksietempo beheer"

1910's " + Nobelprys vir Chemie, 1910'sJaar NaamLandBeweegrede 1910 75px Otto Wallach "uit erkenning vir sy dienste aan organiese chemie en die chemiese nywerheid deur sy pionierswerk op die gebied van alisikliese verbinding" 1911 75px Marie Curie "uit erkenning vir haar dienste ten opsigte van die bevordering van chemie deur die ontdekking van die elemente radium en polonium deur die isolering van radium en die bestudering van die aard en die verbindings van hierdie merkwaardige element" 1912 75px Victor Grignard "vir die ontdekking van die sogenaamde Grignard-reagens wat die vordering van organiese chemie grootliks bevorder het" 75px Paul Sabatier "vir sy metode om organiese verbindings in die teenwoordigheid van fyn gedisintegreerde metale te hidrogeniseer, waardeur die vooruitgang van organiese chemie grootliks bevorder is" 1913 75px Alfred Werner "uit erkenning vir sy werk ten opsigte van die binding van atome in molekule, waardeur hy nuwe lig op vroeëre navorsing gewerp en nuwe navorsingsvelde in veral anorganiese chemie toeganklik gemaak het" 1914 75px Theodore William Richards "uit erkenning vir sy akkurate vasstelling van die atoomgewig van 'n groot aantal chemiese elemente" 1915 75px Richard Willstätter "vir sy navorsing ten opsigte van plantpigmente, en in die besonder chlorofil" 1918 75px Fritz Haber "vir die sintese van ammoniak en die elemente daarvan"

1920's + Nobelprys vir Chemie, 1920'sJaar NaamLandBeweegrede 1920 75px Walther Nernst "uit erkenning vir sy werk in termochemie" 1921 75px Frederick Soddy "vir sy bydrae tot ons kennis van die chemie van radioaktiewe stowwe en sy navorsing ten opsigte van die oorsprong en aard van isotope" 1922 75px Francis William Aston "vir sy ontdekking – deur middel van sy massaspektograaf – van isotope in 'n groot aantal nieradioaktiewe elemente, en vir sy formulering van die heelgetalreël" 1923 75px Fritz Pregl "vir die uitvind van die metode van mikroanalise van organiese stowwe" 1925 75px Richard Adolf Zsigmondy "vir sy demonstrasie van die heterogene aard van kolloïedoplossings en vir die metodes wat hy gebruik het en wat sedertdien fundamenteel in moderne kolloïedchemie geword het" 1926 75px Theodor Svedberg "vir sy werk ten opsigte van dispersiestelsels" 1927 75px Heinrich Otto Wieland "vir sy navorsing ten opsigte van die samestelling van die galsure en verwante stowwe" 1928 75px Adolf Windaus "vir die dienste gelewer deur sy navorsing ten opsigte van sterole en hul verwantskap met vitamiene" 1929 75px Arthur Harden "vir hul navorsing ten opsigte van die fermentasie van suiker en fermentatiewe ensieme" 75px Hans von Euler-Chelpin

1930's + Nobelprys vir Chemie, 1930'sJaar NaamLandBeweegrede 1930 75px Hans Fischer "vir sy navorsing ten opsigte van die samestelling van hemien en chlorofil, en veral sy sintese van hemien" 1931 75px Carl Bosch "uit erkenning vir hul bydraes tot die uitvinding en ontwikkeling van chemiese hoëdrukmetodes" 75px Friedrich Bergius 1932 75px Irving Langmuir "vir sy ontdekkings en navorsing ten opsigte van oppervlakchemie" 1934 75px Harold Urey "vir sy ontdekking van swaar waterstof" 1935 75px Frédéric Joliot-Curie "uit erkenning vir hul sintese van nuwe radioaktiewe elemente" 75px Irène Joliot-Curie 1936 75px Peter Debye "vir sy bydraes tot ons kennis van die molekulêre struktuur deur sy navorsing ten opsigte van dipoolmomente en die diffraksie van X-strale en elektrone in gasse" 1937 75px Norman Haworth "vir sy navorsing ten opsigte van koolhidrate en vitamien C" 75px Paul Karrer "vir sy navorsing ten opsigte van karotenoïede, flavien en vitamiene A en B2" 1938 75px Richard Kuhn "vir sy werk ten opsigte van karotenoïede en vitamiene." Die owerheid van sy land het hom die prys van die hand laat wys, maar hy het later wel die diploma en die medalje ontvang 1939 75px Adolf Butenandt "vir sy werk ten opsigte van geslagshormone." Die owerheid van sy land het hom die prys van die hand laat wys, maar hy het wel later die diploma en die medalje ontvang. 75px Leopold Ružička "vir sy werk ten opsigte van polimetilene en hoëre terpene"

1940's + Nobelprys vir Chemie, 1940'sJaar NaamLandBeweegrede 1943 75px George de Hevesy "vir sy werk ten opsigte van die gebruik van isotope as spoorders in die bestudering van chemiese prosesse" 1944 75px Otto Hahn "vir sy ontdekking van die splyting van swaar kerne" 1945 75px Artturi Ilmari Virtanen "vir sy navorsing en uitvindings op die gebied van landbou- en voedingschemie, en veral vir sy metode om voer te preserveer" 1946 75px James B. Sumner "vir sy ontdekking dat ensieme gekristalliseer kan word" 75px John Howard Northrop "vir hul bereiding van ensieme en virusproteïene in 'n suiwer vorm" 75px Wendell Meredith Stanley 1947 75px Robert Robinson "vir sy ondersoeke ten opsigte van plantprodukte van biologiese belang – veral die alkaloïede" 1948 75px Arne Tiselius "vir sy navorsing ten opsigte van elektroforese en adsorpsieanalise, en veral vir sy ontdekkings aangaande die komplekse aard van die serumproteïene" 1949 William Giauque "vir sy bydrae op die gebied van chemiese termodinamika, veral wat die gedrag van stowwe teen uiters lae temperature betref"

1950's + Nobelprys vir Chemie, 1950'sJaar NaamLandBeweegrede 1950 75px Otto Diels "vir hul ontdekking en ontwikkeling van die dieensintese" 75px Kurt Alder 1951 75px Edwin McMillan "vir hul ontdekkings in die chemie van die transuraanelemente" 75px Glenn T. Seaborg 1952 75px Archer Martin "vir hul uitvinding van verdelingschromatografie" 75px Richard Laurence Millington Synge 1953 75px Hermann Staudinger "vir sy ontdekkings op die gebied van makromolekulêre chemie" 1954 75px Linus Pauling "vir sy navorsing ten opsigte van die chemiese binding en die toepassing daarvan in die opheldering van die struktuur van komplekse stowwe" 1955 75px Vincent du Vigneaud "vir sy werk ten opsigte van biochemies belangrike swaelverbindings, veral vir die eerste sintese van 'n polipeptiedhormoon" 1956 75px Cyril Norman Hinshelwood "vir hul navorsing ten opsigte van die meganisme van chemiese reaksies" 75px Nikolai Semjonof 1957 75px Alexander R. Todd "vir sy werk ten opsigte van nukleotiede en nukleotied-koënsieme" 1958 75px Frederick Sanger "vir sy werk aan die struktuur van proteïene en veral dié van insulien" 1959 75px Jaroslav Heyrovský "vir die ontdekking en ontwikkeling van die polarografiese ontledingsmetodes"

1960's