Die Boeing 747-400 was die grootste weergawe van die Boeing 747 (tydens sy gebruikstyd) en vir 'n aantal jare (1988-2007) die grootste kommersiële passasiersvliegtuig in gebruik, 'n titel wat aan die Airbus A380 afgestaan is toe laasgenoemde vliegtuig in Oktober 2007 in gebruik geneem is."The A380 effect", Airbus tuisblad, URL besoek op 15 Desember 2014 Die 400-reeks was die beste verkoper en die mees gevorderde model van die 747-familie. Die 747-400 is deur die Boeing 747-8 vervang wat in 2011 in gebruik geneem is.

Verwysings

Eksterne skakels Geskiedenis

The Guardian, 22 Julie 2020: Secrets of the Boeing 747: on board the last Qantas jumbo jet

Kategorie:Boeing Kategorie:Passasiersvliegtuie