Tatjana Smith (gebore Schoenmaker, 9 Julie 1997, Johannesburg ) is 'n Suid-Afrikaanse vroueswemmer wat in borsslag spesialiseer. Sy het in 2019 twee goue medaljes by die Wêreldswembyeenkoms in Tokio gewen. Sy het die silwermedalje in die 100 meter borsslag tydens die Olimpiese Spele in 2020 gewen. Sy is die wêreldrekordhouer in die 200 meter borsslag.
Vroeë loopbaan Schoenmaker het in Roodepoort grootgeword, op vyfjarige ouderdom leer swem en op agtjarige ouderdom aan haar eerste kompetisies begin deelneem. In 2012 verhuis haar gesin na Pretoria en woon sy TuksSport High School by. Daar volg sy die Olimpiese oorwinning van Chad le Clos tydens die Olimpiese Spele in Londen. Sy beskryf die ervaring hiervan as 'n motivering vir haar eie loopbaan.Tatjana Schoenmaker: The latest breaststroke diamond out of South Africa auf olympics.com. 26. Juli 2021.
Vanaf 2014 het Schoenmaker verskeie suksesse in borsslag by die nasionale kampioenskappe behaal. Toe sy 18 jaar oud word in 2015 het sy vier goue medaljes (50, 100 en 200 m borsslag en die wisselslagaflos) by die Afrika-spele in Brazzaville gewen. By die Suid-Afrikaanse proewe in 2016 het sy die Olimpiese kwalifiseringstyd van 2:26,94 minute op die 200 m baan met 'n honderdste van 'n sekonde misgeloop.
Schoenmaker, wat sedert die begin van 2010 met onderbrekings deur Rocco Meiring afgerig is, het haar prestasie aansienlik verbeter nadat sy die Olimpiese kwalifikasie in 2016 misgeloop het en daarna verskeie internasionale medaljes gewen.Claudio Catuogno: Laut lachend im Schwimmhimmel auf sueddeutsche.de. 30. Juli 2021. Meiring hatte Schoenmaker bereits in ihrer Jugend gefördert, war dann aber für zwei Jahre als Trainer nach Kanada gezogen. 2016 übernahm er erneut Schoenmakers Betreuung. In 2017 het sy silwer in die 200 m borsslag gewen by die Universiade byeenkoms in Taiwan.
Internasionale loopbaan
2018 Statebondspele Sy het aan die 2018 Statebondspele deelgeneem en goue medaljes in die 100 meter borsslag en 200 meter borsslag vir vroue gewen.
Olimpiese somerspele 2020 (gehou in 2021) In Junie 2021 kwalifiseer sy om Suid-Afrika tydens die Olimpiese somerspele vir 2020 te verteenwoordig.
Vir die Olimpiese somerspele van 2020 in Tokio was sy die nommer een gekeurde vir die 200 meter borsslag vir vroue. Volgens voorspellings het sy vierde gelê om die 100 meter borsslag te wen. In die eerste rondte van die 100 meter borsslag het Schoenmaker die eerste plek behaal uit alle uitdunne, deurgedring na die halfeindronde, en 'n nuwe Olimpiese- en Afrikarekord opgestel met haar tyd van 1:04.82.Nackstrand, Jonathan (25 Julie 2021). "South African swimmer breaks Olympic world record" . eNCA. Besoek op 25 Julie 2021.Pitjeng, Refilwe (25 Julie 2021). "Tatjana Schoenmaker sets an Olympic Record in the 100m Breaststroke". Eyewitness News. Besoek op 25 Julie 2021. (Die Olimpiese rekord wat sy verbeter het se tyd was 1:04.93, wat op die Olimpiese Somerspele in 2016 opgestel is deur die Amerikaner Lilly King.) In die halfeindronde het Schoenmaker die vinnigste tyd van 1:05.07 geswem. In die finaal het sy die silwermedalje verower, wat die eerste medalje vir 'n Suid-Afrikaanse vrou in swem by 'n Olimpiese Spele sedert 2000 was.Isaacson, David (27 Julie 2021). "Women power gives Team SA two medals at the Tokyo Games". TimesLIVE. Besoek op 27 Julie 2021.
In die uitdunne van die 200 meter borsslag op dag vyf van die kompetisie, het Schoenmaker 'n algehele eerste plek behaal met 'n tyd van 2:19.16, 'n nuwe Olimpiese rekord, en deurgedring na die halfeindronde. Haar tyd was minder as 'n tiende van 'n sekonde stadiger as die wêreldrekord van 2:19.11 wat deur Rikke Pedersen opgestel is.Harris, Beth (28 Julie 2021). "South African swimmer flirts with world mark in Tokyo heats". Associated Press. Besoek op 28 Julie 2021.Lohn, John (28 Julie 2021). "Olympics: South African Tatjana Schoenmaker Just Misses World Record in Prelims of 200 Breaststroke". Swimming World. Besoek op 28 Julie 2021 Sy het dit opgevolg met 'n beste tyd van 2:19.33 in die halfeindrondte.
In die finaal het Schoenmaker met 'n tyd van 2:18.95 'n nuwe wêreldrekord in die 200 meter borsslag vir vroue opgestel en die goue medalje verower. Haar wêreldrekord was die eerste individuele wêreldrekord wat in swem by die Olimpiese Spele van 2020 opgestel is. Haar goue medalje was die eerste goue medalje wat 'n atleet van Suid-Afrika tydens die Olimpiese Somerspele in 2020 verower het. Haar spanmaat, Kaylene Corbett, het ook die eindronde gehaal, wat dit die eerste keer sedert die Olimpese Spele in Sydney 2000 maak dat twee Suid-Afrikaanse vroue die eindronde van dieselfde byeenkoms haal."Tatjana Schoenmaker sets world record to win gold in 200-meter breaststroke". ESPN. 29 Julie 2021. Besoek op 29 Julie 2021.Brennan, Christine (29 Julie 2021). "US swimmers Lilly King, Annie Lazor celebrate medals, world record broken by Tatjana Schoenmaker". USA Today. 29 Julie 2021. Besoek op 29 Julie 2021."Tatjana Schoenmaker wins South Africa's first gold medal at Tokyo 2020 Olympic Games". ESPN. 29 Julie 2021. Besoek op 29 Julie 2021
Persoonlike lewe Smith het in Februarie 2023 bevestig dat sy in 'n verhouding is met Joel Smith van die Kolisi Foundation.McKay, Joel (1 March 2023). "Tatjana Schoenmaker Confirms relationship with Rachel Kolisi's brother Joel Smith", News24 Verkry 14 April 2023. Hulle is op 4 November 2023 in Robertson getroud.
Verwysings
Kategorie:Geboortes in 1997 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Olimpiese swemmers Kategorie:Suid-Afrikaanse swemmers Kategorie:Suid-Afrikaanse sportvroue