Die Ethan Allen-klas duikboot is die tweede klas kernaangedrewe duikbote van die Amerikaanse Vloot wat ballistiese missiele kon dra. Hierdie klas is ontwikkel vanaf die eerste ballistiese duikboot, die USS George Washington (SSBN-598) en is vernoem na Ethan Allen, 'n Amerikaanse patriot en boer. Die eerste duikboot van die klas, USS Ethan Allen, is die eerste duikboot wat 'n Polaris A1-missiel met lewendige kernplofkoppe afgevuur het op 6 Mei 1962. Die missiel is gelanseer terwyl die duikboot onderwater was in die Stille Oseaan en die plofkop is iewers oor die suidelike Stille Oseaan geaktiveer.

Later is die klas toegerus met A2-missiele en nog later die A3-tipe in die 1970's. Al vyf die duikbote in die klas is later herklassifiseer as jagduikbote as deel van die Strategic Arms Limitation Treaty I (SALT) ooreenkoms. Die missielseksies in die duikbote is uit diens gestel in 1981; die missielbeheerstelsel en die missiele verwyder en die missielbuise is volgestop met betongietstukke.

Die Lafayette-klas duikboot is ontwikkel uit die Ethan Allen-klas.

Duikbote in die klas Duikbote van die Ethan Allen-klas:California Center of Military History (dead link 2015-05-07)

Naam en rompnommer Bootbouer Kiel gelê Te water gelaat In diens gestel Lot USS Ethan Allen (SSBN-608)General Dynamics Electric Boat14 September 195922 November 19608 Augustus 1961Uit diens gestel 31 Maart 1983. Herwin deur Skeeps-Duikboot herwinnings program, 1999 USS Sam Houston (SSBN-609)Newport News Shipbuilding and Drydock Co.28 Desember 19592 Februarie 19616 Maart 1962Uit diens gestel 6 September 1991. Herwin deur Skeeps-Duikboot herwinnings program, 1992 USS Thomas A. Edison (SSBN-610)General Dynamics Electric Boat15 Maart 196015 Junie 196110 Maart 1962Uit diens gestel 1 Desember 1983. Herwin deur Skeeps-Duikboot herwinnings program, 1997USS John Marshall (SSBN-611)Newport News Shipbuilding and Drydock Co.4 April 196015 Julie 196121 Mei 1962Uit diens gestel 22 Julie 1992. Herwin deur Skeeps-Duikboot herwinnings program, 1993USS Thomas Jefferson (SSBN-618)Newport News Shipbuilding and Drydock Co.3 Februarie 196124 Februarie 19624 Januaryie 1963Uit diens gestel 24 Januarie 1985. Herwin deur Skeeps-Duikboot herwinnings program, 1998

Tegniese besonderhede + Besonderhede van die Ethan Allen-klas duikboot: Item Statistiek Verplasing (oppervlak) 6 790 metrieke ton Verplasing (onderwater) 7 873 metrieke ton Lengte 125,0 m Breedte 10,0 m Aandrywing 1 x S5W kernreaktor Spoed (oppervlak) 22,0 knope Spoed (onderwater) 25,0 knope Bemanning 110 persone Wapens 16 Polaris missiele 4 x 533 mm torpedobuise

Bron The Illustrated Encyclopedia Of Destroyers Frigates & Submarines, Bernard Ireland en John Parker, 2015,

Verwysings

Kategorie:Duikbote