Hierdie rivier vloei in die Wes-Kaap. Vir meer riviere met dieselfde naam, sien gerus Dwarsrivier (veelsinnig).

Die Dwarsrivier is 'n rivier wat in die Boland, Wes-Kaap, vloei, en 'n linkersytak van die Bergrivier vorm. Die Dwarsrivier vloei in die Bergrivier in die vloedvlaktegebied noord van die R45-pad in die Kaapse Wynland-streek.

Die boloop van die Dwarsrivier vloei deur die Banghoekvallei en deur 'n bergkloof waar die Simonsberg en Jonkershoekberge bymekaarkom. Daar staan dit dan ook as die Banghoekrivier bekend, 'n naam wat as alternatief vir Dwarsrivier, of vir dele daarvan gebruiklik is.

Kyk ook Boschendal Zandvliet (Simondium) Dwarsrivier (veelsinnig)

Eksterne skakel Google-kaart van die Dwarsrivier se monding by Geonames.org (cc-by)

Kategorie:Riviere in Wes-Kaap