Bishop Lavis is 'n voorstad van Kaapstad, geleë op die Kaapse Vlakte van die Wes-Kaap, Suid-Afrika.
Misdaad Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Bishop Lavis ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot op daardie stadium nie onder beheer kon bring nie, te takel.
Sluipmoord in 2020 'n Hoëprofiel-luitenantkolonel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Charl Kinnear, is op 18 September 2020 voor sy huis in Bishop Lavis vermoor. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet terwyl hy in die bestuurdersitplek van sy wit Toyota Corolla gesit het, wat tot sy dood gelei het.
Kinnear was die afdelingsbevelvoerder vir die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, en was op daardie stadium besig met verskeie ondersoeke na vuurwapenmisdaad wat moontlik ook hooggeplaasdes in die Polisie kon betrek het. Voormalige pro-rugbyspeler Zane Killian is kort ná die voorval in hegtenis geneem en van Kinnear se moord aangekla. Kinnear se selfoon is 2 116 keer onwettig opgespoor deur Killian voor sy moord met behulp van 'n gespesialiseerde selfoonopsporingstoestel en sagteware.
Sien ook Lys van Kaapstad se voorstede
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Kaapstad