duimnael|'n Analemma illustreer die veranderende posisie van die Son in die loop van ’n jaar, soos gesien op ’n vaste tyd van die dag van die Aarde af. ’n Jaar is die relatiewe eenheid van tyd wat die tydperk beskryf waarin ’n planeet om sy ster wentel. In algemene taalgebruik is dit die tyd waarin die Aarde een maal om die Son wentel.
Vanweë die Aarde se ashelling kom vier seisoene in ’n jaar voor, en dit word gekenmerk deur ’n verandering in die weer, in die ure daglig en in die plantegroei en vrugbaarheid van die grond. In gematigde en subarktiese streke word vier seisoene gewoonlik erken: lente, somer, herfs en winter. In tropiese en subtropiese streke is daar nie gedefinieerde seisoene nie; in die trope kan wel tussen ’n nat en droë seisoen onderskei word.
’n Kalenderjaar is min of meer die getal dae wat die Aarde se wentelperiode duur, soos aangedui op ’n gegewe kalender. Volgens die Gregoriaanse, of moderne, kalender is ’n jaar 365 dae lank. Elke vier jaar word ’n dag bygetel om op te maak vir die feit dat die Aarde se wentelbaan om die Son nie in volledige dae geskied nie. Só ’n jaar word ’n skrikkeljaar genoem. Dieselfde gebeur met die Juliaanse kalender. Volgens eersgenoemde kalender is die lengte van ’n kalenderjaar (of gemiddelde jaar) oor die hele lengte van die skrikkelsiklus van 400 jaar altesaam 365,2425 dae.
Die ISO-standaard ISO 80000-3, bylae C, gebruik die simbool a (vir die Latynse annus) vir ’n jaar van óf 365 óf 366 dae. In Afrikaans word die afkorting j. meestal gebruik.
In sterrekunde is ’n Juliaanse astronomiese jaar ’n tydseenheid van 365,25 dae van presies 86 400 sekondes (SI-eenheid) elk, en dus presies 31 557 600 sekondes. (Sien Tabel 5 en Afdeling 5.15.) Herdruk van:
Die woord "jaar" word ook gebruik vir tydperke wat losweg met ’n jaar of astronomiese jaar verbind word, maar nie identies daaraan is nie, soos die seisoenale jaar, boekjaar, akademiese jaar, ens. Die term word ook gebruik vir die wenteltydperk van enige planeet; ’n Mars- en Venusjaar is byvoorbeeld die tyd waarin dié planete ’n hele wentelbaan voltooi. Dit kan ook in ’n vae sin gebruik word vir ’n lang tydperk, soos mitologie, poësie of algemene spreektaal (byvoorbeeld: "Tot siens. Moenie weer 'n jaar wegbly nie!")
Etimologie Die Afrikaanse woord "jaar" kom via Nederlands van die Proto-Germaanse *jǣran. Die woord in sommige ander tale is Jahr (Duits), jār (Oud-Hoogduits), ár (Oud-Noors) en 𐌾𐌴𐍂 (Goties), van die Proto-Indo-Europese selfstandige naamwoord "jaar, seisoen". Nog woorde wat van dieselfde Proto-Indo-Europese term afgelei is, is yārǝ (Avesties), ὥρα (hṓra, Grieks) en jarŭ (Ou Kerkslawies).
Die Latynse annus is ’n manlike selfstandige naamwoord (annum is die akkusatief enkelvoud en annō die datief) van die Proto-Indo-Europese selfstandige naamwoord .
Hoewel die meeste tale die woord as tematies *yeh₁r-o- behandel, is daar getuienis van ’n oorspronklike afleiding met ’n *-r/n-agtervoegsel, *yeh₁-ro-. Albei Indo-Europese woorde vir jaar, *yeh₁-ro- en *h₂et-no-, sou afgelei gewees het van werkwoordstamme wat beteken "om te gaan, beweeg", *h₁ey- en *h₂et- onderskeidelik (vergelyk Sanskrit éti "gaan", atasi "jy gaan, loop"). In Afrikaans word Latynse uitdrukkings gebruik met afleidings van annus, soos per annum ("per jaar"), anno Domini ("in die jaar van ons Here") en annus mirabilis ("wonderjaar").
In sommige tale is dit algemeen om jare te tel met verwysing na een seisoen, soos in "somers" of "winters". In Russies word byvoorbeeld benewens год (god "jaar") ook лет (ljet, genitief meervoud vir "somer") gebruik.
Die ISO-standaard ISO 80000-3 gebruik die simbool a (vir die Latynse annus) vir ’n jaar van óf 365 óf 366 dae. In Afrikaans word die afkorting j. vir jaar meestal gebruik.
Interkalasie Astronomiese jare het nie ’n heelgetal dae of maanmaande nie. Enige kalender wat ’n astronomiese jaar volg, moet dus ’n stelsel van interkalasie, soos die invoeging van skrikkeldae, hê.
duimnael|200px|links|Die doop van Jesus, een van die Oosters-Ortodokse Kerk se vaste feesdae, wat op 6 Januarie gevier word. In kerke wat nog die Juliaanse kalender gebruik, val die feesdag volgens die Gregoriaanse kalender op 19 Januarie vanweë die verskil tussen die Gregoriaanse en Juliaanse kalender. Juliaanse kalender In die Juliaanse kalender is die gemiddelde lengte van ’n jaar 365,25 dae. In ’n jaar wat nie ’n skrikkeljaar is nie, is daar 365 dae; in ’n skrikkeljaar is daar 366 dae. ’n Skrikkeljaar kom elke vier jaar voor, wanneer ’n ekstra dag in die maand Februarie geïnterkaleer word. Die ekstra dag word ’n skrikkeldag genoem.
Die Hersiene Juliaanse kalender, wat in 1923 voorgestel en in sommige Oosters-Ortodokse Kerke gebruik word, het elke 900 jaar 218 skrikkeljare, en dit gee ’n gemiddelde jaarlengte van dae, amper so lank soos ’n gemiddelde tropiese jaar, dae.
In die jaar 2800 n.C. sal die Gregoriaanse en Hersiene Juliaanse kalender begin om met een kalenderdag te verskil.
Gregoriaanse kalender
Die Gregoriaanse kalender is afgelei van die Juliaanse kalender en deur pous Gregorius XIII ingestel. Dit probeer toesien dat die Maart-nagewening, of noordwaartse nagewening, op of net voor 21 Maart val en daarom volg dit die tropiese jaar. In die Gregoriaanse kalender is jare wat deur 100 deelbaar is, maar nie deur 400 nie, nie skrikkeljare nie om akkuraatheid te verbeter. Dus was 2000 ’n skrikkeljaar, maar nie 1700, 1800 en 1900 nie.
Omdat 97 van elke 400 jaar ’n skrikkeljaar is, is die gemiddelde lengte van die Gregoriaanse kalenderjaar dae, amper so lank soos die huidige lengte van die gemiddelde tropiese jaar ( dae).
Daar word geraam dat teen die jaar 4000 n.C. die Maart-nagewening ’n dag vroeër sal wees volgens die Gregoriaanse kalender – nie vanweë die kalender nie, maar omdat die Aarde al hoe stadiger draai en die dae dus langer word.
Ander kalenders Histories interkaleer maansonkalenders hele skrikkelmaande. Of ’n skrikkelmaand in ’n sekere jaar bygevoeg moet word of nie, kan bepaal word deur die gebruik van gereelde siklusse soos die 19-jaar-maansiklus (in die Hebreeuse kalender en in die bepaling van die Paastyd) of deur die berekening van maanfases (Hindoe- en Chinese kalender). Die Boeddhistekalender voeg beide ’n skrikkeldag en by ’n gewoonlik gereelde siklus.
Dié soort kalenders het meestal in onbruik geraak, behalwe om liturgiese redes (soos die Hebreeuse en verskeie Hindoekalenders).
Jaartelling In ’n kalender-era word ’n nommer toegeken aan elke opeenvolgende jaar, met ’n verwysingspunt in die verlede as die begin van ’n era. Die wêreldwye standaard is Anno Domini ("in die jaar van ons Here"), hoewel sommige die term Algemene of Huidige Jaartelling verkies omdat dit nie eksplisiet na die Christendom verwys nie. Dit is in die 6de eeu ingestel en tel jare sedert die geboorte van Jesus. Die afkorting van "Anno Domini" is AD, van "Algemene Jaartelling" AJ en van "Huidige Jaartelling" HJ. In Afrikaans word meestal n.C. gebruik, vir "ná Christus". Die jare voor 1 n.C. kry die afkorting v.C. agteraan vir "voor Christus" of VAJ/VHJ"VHJ" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 29 Julie 2020. vir "Voor die Algemene/Huidige Jaartelling". Die jaar 1 n.C. het op 1 v.C. gevolg; daar was geen "jaar nul" nie.
Die Joodse jaartelling begin met die jaar waarin die skepping van die wêreld (Anno Mundi) volgens Bybelse berekenings plaasgevind het. Daarom val die "eerste dag" op Roosj Hasjana (1 Tishrei), ’n belangrike tweedaagse tydperk van gebed en inkeer wat volgens die Gregoriaanse kalender in September of Oktober plaasvind. Die Joodse jaar begin egter met die maand Nisan (lente), die maand van verlossing toe die volk van Israel uit Egipte getrek het.
Die Islamitiese jaartelling begin in die jaar waarin die hidjra (die emigrasie van die profeet Mohammed van Mekka na Medina) plaasgevind het en kom ooreen met 15 Julie of 16 Julie 622 van die Gregoriaanse kalender. Die Islamitiese kalender word in Saoedi-Arabië en enkele omliggende lande as algemene kalender gebruik. In die alledaagse lewe van die meeste Islamitiese lande word die Gregoriaanse kalender egter gebruik.
In ’n moderne alternatiewe jaartelling dui positiewe nommers jare ná Christus aan: Jaar 1 is dus 1 n.C. Negatiewe nommers dui jare voor Christus aan, maar verskil daarvan: Die nommer 0 dui op 1 v.C., -1 op 2 v.C., ensovoorts.
Pragmatiese verdelings Finansiële en wetenskaplike berekenings maak dikwels gebruik van ’n kalender van 365 dae om daaglike tariewe of maatstawwe te vereenvoudig.
Boekjaar ’n Finansiële of boekjaar is ’n tydperk van 12 maande wat gebruik word vir die berekening van finansiële state in ondernemings en ander organisasies, asook vir inkomstebelasting. In baie regsgebiede vereis regulasies oor rekeningkunde dat maatskappye sulke state een keer elke 12 maande publiseer, maar dié 12 maande hoef nie ’n kalenderjaar te wees nie.
In Suid-Afrika is ’n boekjaar byvoorbeeld van 1 Maart af,What are tax rates? SARS. Laas bygewerk op 26 Februarie 2020. Besoek op 28 Julie 2020. in Kanada en Indië van 1 April af en in Australië van 1 Julie af.
Akademiese jaar duimnael|240px|Die laaste skooldag in Tanzanië. ’n Akademiese jaar is die jaarlikse tydperk waarin ’n student ’n opvoedingsinstelling bywoon. Dit kan in termyne soos kwartale of semesters verdeel word. Die skooljaar in sommige lande begin in Januarie en ander lande in Augustus of September. In Israel begin die akademiese jaar omstreeks Oktober of November, om saam te val met die tweede maand van die Hebreeuse kalender.
Die skooljaar in Suid-Afrika word in vier kwartale verdeel. Sommige skole in Brittanje en die VSA verdeel die akademiese jaar in drie termyne wat omtrent ewe lank is en min of meer ooreenstem met die herfs, winter en lente. Ander skole verdeel die jaar rofweg in twee hoofsemesters, waarvan elk in die helfte verdeel kan word deur middeltermyneksamens.
In Suid-AfrikaSkoolkwartale en Openbare Vakansiedae vir 2018 (Binnelandse en Kusprovinsies), Wes-Kaapse regering. 2017. Besoek op 28 Julie 2020. en Australië is daar min of meer 200 skooldae per jaar, in die VSA 180 en in Kanada, Nieu-Seeland en Brittanje 190.
Astronomiese jaar Juliaanse jaar Die Juliaanse jaar, soos dit in sterrekunde en ander wetenskappe gebruik word, is ’n eenheid van presies 365,25 dae. Dit is die gewone betekenis van die woord "jaar" in verskeie wetenskaplike kontekste. Die Juliaanse eeu van dae en Juliaanse millennium van dae word in sterrekundige berekenings gebruik. Om ’n tydperk in Juliaanse jare aan te gee is ’n manier om aan te dui presies hoeveel dae (en nie "regte" jare nie) iets geduur het waar die aangee van die getal dae onprakties sou wees. Die Juliaanse jaar word ook gebruik in die berekening van die afstand wat in ’n ligjaar afgelê word.
In die Unified Code for Units of Measure verwys die simbool a altyd na die Juliaanse jaar, of aj, of presies sekondes.
365,25 dae van sekondes = 1 a = 1 aj = miljoen sekondes.
SI-voorvoegsels kan aangelas word soos ka (kilo-annus, vir duisend jaar), Ma (mega-annus, vir miljoen jaar), ensovoorts.
Sideriese, tropiese en anomalistiese jaar duimnael|190px|links|Die Aarde se presessie. Die Aarde roteer (wit pyle) een keer per dag om sy draaias (rooi). Dié as roteer self stadigaan (wit sirkel). As gevolg hiervan is die tropiese jaar sowat 20 minute korter as die sideriese jaar. Elk van dié drie jare kan rofweg ’n "astronomiese jaar" genoem word.