Menkalinan (ook bekend as Beta Aurigae of β Aur) is ’n dubbelster in die noordelike sterrebeeld Koetsier (Auriga). Die gekombineerde skynbare magnitude is 1,9 en dit is dus een van die helderste sterre in die naglug en die tweede helderste ster in die Koetsier, naas Capella. Volgens parallaksmetings is dit sowat 81,1 ligjare van die Son af.
Name Die ster se Bayer-naam is "Beta Aurigae". Sy tradisionele naam, "Menkalinan", kom van die Arabiese منكب ذي العنان mankib ðī-l-‘inān, "skouer van die leiselhouer". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die amptelike naam "Menkalinan" vir die ster goedgekeur.
Eienskappe Al lyk Menkalinan met die blote oog soos ’n enkelster, is dit ’n dubbelster. Die twee sterre is A-tipe subreuse met metaallyne; hulle het rofweg dieselfde massa en radius, onderskeidelik 2,3 en 2,6/2,7 keer dié van die Son. Hulle is ’n verduisterende dubbelster; hulle gekombineerde skynbare magnitude wissel oor ’n tydperk van 3,96 dae tussen 1,89 en 1,94.
Sowat boogsekondes van hulle af is ’n metgeselster wat 8,5 magnitudes dowwer as die dubbelster is. Dit is ’n kandidaatlid van Beta Aurigae, wat dit ’n driedubbele stelsel sal maak. Dit kan die bron van X-strale uit die omgewing wees.
Verwysings
Eksterne skakels Menkalinan ’n Foto van Beta Aurigae CCDM J05596+4457 Katalogus Smithsonian/Nasa-astrofisikadatastelsel 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:A-tipe subreuse Kategorie:Veranderlike sterre Kategorie:Koetsier (sterrebeeld)