Alhena (ook bekend as Gamma Geminorum of γ Gem) is die derde helderste ster van die sterrebeeld Tweeling. Met sy skynbare magnitude van 1,9 is dit een van die helderste sterre in die naglug en duidelik met die blote oog sigbaar. Volgens parallaksmetings is dit sowat 109 ligjare van die Son af.

Eienskappe Alhena is ’n evoluerende ster wat al amper die waterstof in sy kern opgebruik en die subreusefase binnegegaan het. Sy sterreklassifikasie is A0 IV. Sy massa is 2,8 keer dié van die Son en sy radius 3,3 keer die Son s’n. Sy ligsterkte is sowat 123 keer dié van die Son, met sy effektiewe temperatuur van 9 260 K wat dit die tipiese wit kleur van ’n A-tipe ster gee.

Alhena is ’n spektroskopiese dubbelster met ’n periode van 12,6 jaar (4 614,51 dae) in ’n hoogs eksentrieke wentelbaan.

Name Die ster se Bayer-naam is "Gamma Geminorum". Sy tradisionele naam "Alhena" kom van die Arabiese الهنعة Al Han'ah, "die brandmerk" (aan die nek van die kameel). Die alternatiewe naam, "Almeisan", kom van die Arabiese المیسان Al Maisan, "die helder een". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Alhena" vir dié ster goedgekeur.

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Flamsteed-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:A-tipe subreuse Kategorie:Tweeling (sterrebeeld)