Friedrich Wilhelm Heinrich Benda (15 Julie 1745 in Potsdam – 19 Junie 1814 in Potsdam) was 'n Duitse violis, pianis en komponis.

Benda was die seun van die vioolvirtuoos en komponis Franz Benda van wie hy sy eerste musikale lesse ontvang het. Later het hy musiekteorie en komposisie saam met Johann Kirnberger in Berlyn gestudeer. Bykomend tot sy komposisionele prestasies, was hy ook 'n begaafde pianis en violis. In die jare 1765–1810 was Benda 'n kamermusikant by die Pruisiese Hof in Potsdam waar sy komposisie hoog aangeskryf was.

Benda het concertos, operas, en kamermusiek gekomponeer.

Geselekteerde werke Pygmalion, Kantate (1784) Alceste, Singspiel (1785) Orpheus, Singspiel (1787) Das Blumenmädchen, Singspiel (1806) Die Grazien, Kantate

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1745 Kategorie:Sterftes in 1814 Kategorie:Duitse komponiste Kategorie:Duitse pianiste Kategorie:Duitse violiste