Sargas (ook bekend as Theta Scorpii of θ Sco) is ’n dubbelster in die suidelike sterrebeeld Skerpioen (Scorpius). Met sy skynbare magnitude van 1,87 is dit een van die helderste sterre in die naglug. Volgens parallaksmetings is dit sowat 300 ligjare van die Son af. Die twee komponente is θ Scorpii A en B.

Name Die dubbelster se Bayer-naam is "Theta Scorpii". Sy tradisionele naam, "Sargas", is van Sumeriese herkoms, of is dalk die Persies vir "pylpunt". In 2016 het die Internasionale Astronomiese Unie se sternaamwerkgroep (WGSN) die naam "Sargas" vir θ Scorpii A goedgekeur omdat hulle name aan individuele sterre toegeken het eerder as aan sterstelsels.

Eienskappe Die primêre ster, A, is ’n geëvolueerde helder reus met ’n sterreklassifikasie van F0 II. Sy massa is sowat 5,7 keer dié van die Son, maar dit het uitgesit tot ’n radius van 26 keer die Son s’n en ’n ligsterkte van 1 834 keer dié van die Son. Sy effektiewe temperatuur van 7 268 K gee dit die tipiese geelwit kleur van ’n F-tipe ster. Die ster roteer baie vinnig en het daarom ’n ovaal vorm, met die radius by sy ewenaar wat 19% groter is as by sy pole.

Die metgeselster, B, het ’n skynbare magnitude van 5,36 en is 6,470 boogsekondes van die hoofster af.

Kultuuraspek Theta Scorpii kom voor op die vlag van Brasilië en simboliseer die staat Alagoas.

Verwysings

Eksterne skakels Theta Sco 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Sterre met eiename Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:F-tipe helder reuse Kategorie:Skerpioen (sterrebeeld)