Alpha Tucanae (afgekort as α Tuc) is ’n dubbelster in die suidelike sirkumpolêre sterrebeeld Toekan. Met ’n skynbare magnitude van 2,86 is dit die helderste ster in die sterrebeeld en kan dit in die Suidelike Halfrond met die blote oog gesien word. Volgens parallaksmetings is dit sowat 200 ligjare van die Son af.
Eienskappe Alpha Tucanae is ’n spektroskopiese dubbelster, wat beteken die twee sterre is nog nie met ’n teleskoop van mekaar onderskei nie, maar die teenwoordigheid van ’n metgeselster kan afgelei word uit metings van die spektrum van die primêre ster. Die stelsel se wentelperiode is 4 197,7 dae (11,5 jaar).
Die primêre ster het ’n sterreklassifikasie van K3 III, wat daarop dui dat dit ’n reusester is wat die waterstof in sy kern opgebruik en weg van die hoofreeks geëvolueer het. Dit het die kenmerkende oranje kleur van ’n K-tipe ster. Dit is ’n koel ster met ’n effektiewe temperatuur van 4 300 K, maar sy ligsterkte is 424 keer dié van die Son en sy radius 37 keer die Son s’n. Sy massa is 2,5 tot 3 keer dié van die Son. Dit is nie heeltemal duidelik in watter evolusiestadium dit is nie.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Bayer-voorwerpe Kategorie:Henry Draper-voorwerpe Kategorie:Dubbelsterre Kategorie:K-tipe reusesterre Kategorie:Toekan (sterrebeeld)