Die Simfonie in d mineur, ook bekend as "Die Nul" (WAB 100), is 'n simfonie vir simfonieorkes uit 1869 van die Oostenrykse komponis Anton Bruckner.
Ontstaan Bruckner het die werk in 1869 gekomponeer. Toe die Weense Filharmoniese Orkes besig was met die repetisie van die openingsdeel het die dirigent, Felix Otto Dessoff, na die komponis gedraai met die vraag "waar het die eerste tema gegaan?". Vir die altyd onsekere Bruckner sou die opmerking die rede wees waarom hy dié simfonie, sy derde, wat geskryf is na die Simfonie in f (Bruckner) (Die Studiensimfonie of Simfonie in f mineur) en die amptelike "Eerste" (Die Simfonie nr. 1 (Bruckner)) nie sou opneem in die volgorde van genommerde simfonieë nie.
Toe Bruckner kort voor sy dood in 1895 sy simfonieë hersien het het hy weereens die simfonie in d mineur onder oë gekry. Hy het die simfonie ongeldig verklaar en 'n nul daarvoor op die partituur geskryf. Hy het nogtans die werk aan die Landes-biblioteek in Linz geskenk met die opmerking: "Diese symfonie ist ganz ungültig". Sodoende verkry die simfonie toe die bynaam "die Nul".
Betekenis Die première van die werk het eers in 1924 in Klosterneuburg plaasgevind, 'n jaar nadat die Studiesimfonie die eerste keer opgevoer is. Sedertdien word die belang van die "Nul" simfonie wel ingesien. Die werk word nou reëlmatig uitgevoer en opgeneem. Deurdat die werk tientalle jare verborge was is dit nooit aan die tallose wysigings blootgestel wat dit andersins sou ondergaan het nie. Sodoende gee die werk, meer as die gepaardgaande Simfonie nr. 1 en die tweede van 1871 waaraan Bruckner lank bly "skaaf" het, 'n verhelderende blik en insig wat Bruckner se vroeëre komposisionele ontwikkeling betref. Vergeleke met Bruckner se latere simfonieë is die simfonie relatief kort en eenvoudig. Tog neem mens reeds hier die kern waar van die persoonlikheid wat Bruckner later sou ontwikkel.
Dele Allegro - poco meno mosso (in d) Andante sostenuto (in Bes) Scherzo: Presto - Trio: Langsamer und ruhiger Finale: Moderato - Allegro vivace (in d)
Instrumentasie 2 dwarsfluite 2 Hobo's 2 klarinette 2 fagotte 4 Horing (blaasinstrument) 2 trompette 3 tromboon keteltrom en eerste en tweede viool altviool tjello kontrabas
Notas
Bronne Renate Ulm (red.): Die Symphonien Bruckners. Entstehung, Deutung, Wirkung. Bärenreiter, Kassel, 2002. Harenberg Konzertführer 2001 blz 179 Dortmund
Kategorie:Simfonieë van Anton Bruckner Kategorie:Simfonieë